VSA: Raadgewer oor veiligheidsake bedank
Uitdagende tye lê voor vir die volgende raadgewer oor veiligheidsake in die Trump-administrasie.
Pres. Donald Trump van Amerika se raadgewer oor veiligheidsake, Michael Flynn, het bedank.
Flynn het glo in Desember met Rusland se ambassadeur in Washington, Sergey Kislyak, vergader oor die moontlikheid dat sanksies teen Rusland opgehef kan word wanneer Trump president word.
Hy het dit gedoen voordat hy as Trump se raadgewer oor veiligheidsake aangestel is. Dit is onwettig vir Amerikaners om diplomatieke gesprekke namens die VSA te voer.
Flynn het aanvanklik ontken dat sanksies tydens die gesprekke bespreek is, maar het meer onlangs gesê hy kan nie onthou nie.
Trump is glo voor sy inhuldiging gewaarsku dat Flynn weerloos teen die Russe se invloed kan wees.
'n Beampte van die department van justisie het aan die Washington Post gesê Sally Yates, die toe waarnemende minister van justisie, het Trump weke gelede gewaarsku dat Flynn deur die Russe afgepers kon word. Sy het Trump ook gewaarsku dat Flynn hulle mislei het oor die omvang van sy gesprekke met die Russiese ambassadeur.
Flynn, 'n vroeë ondersteuner van Trump, het hom gereeld aangemoedig om nouer bande met Rusland te smee.
Die bedanking het Trump se administrasie 'n gevoelige slag toegedien.
Trump het afgetrede lt.genl. Keith Kellogg as die waarnemende veiligheidsraadgewer benoem. 'n Senior beampte in die Trump-administrasie sê hy is een van drie kandidate wat Trump as permanente plaasvervanger vir Flynn oorweeg.
Wie ook al Trump se keuse vir die hoof van die nasionale veiligheidsraad is, sal die leisels oorneem terwyl die jong administrasie met 'n reeks veiligheidsuitdagings, insluitende Noord-Korea se ballistiese missiellansering, worstel. - Nampa/AP/Netwerk24/CNN/The Guardian/Time

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie