VSA sê Rusland het konvooi aangeval
Moskou gee rebelle die skuld
Amerika het ’n beskuldigende vinger na Rusland gewys vir die aanval op ’n konvooi wat broodnodige bystand aan die meer as 78 000 vasgekeerde mense in die Siriese stad Aleppo moes bring.
Nagenoeg 20 mense is in die aanval op die konvooi dood.
Rusland ontken ten sterkste dat die lugaanval op die konvooi deur die land se magte en selfs Siriese regeringsmagte uitgevoer is. Volgens verklarings deur Moskou was die aanval in die nag en die Siriese lugmag beskik nie oor die vermoë om nagvlugte uit te voer nie. Rusland gee rebelle die skuld vir die aanval.
Hooggeplaaste Amerikaanse weermagwoordvoerders hou egter vol dat hulle oor voldoende bewyse beskik dat Russiese vegvliegtuie die aanval uitgevoer het.
Rusland het intussen hommeltuig-videomateriaal vrygestel wat volgens hulle bewys dat die konvooi gevolg is deur ’n voertuig wat ’n mortierlanseerder op ’n sleepwa gesleep het. Die Russiese regering het gesê slegs rebelle het geweet presies waar die konvooi was, maar volgens die VN is alle partye in kennis gestel van die konvooi en die vragmotors was duidelik gemerk.
Rusland se veelvuldige verskonings en verduidelikings wat die land probeer verontskuldig, het reeds gespanne betrekkinge met Amerika verder versleg.
Die Verenigde Nasies (VN) het ná ''n dodelike aanval op ''n konvooi alle hulpverlening in Sirië opgeskort. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie