VSA sê Zim moet sokkies optrek
Amerika se geduld met die Zimbabwiese regering raak op nadat Zimbabwe verlede week teen betogers opgetree het.
’n Amptenaar in die Amerikaanse regering het Maandag gesê hul teleurstelling raak net al hoe erger.
“Dit blyk dat die regering net gewelddadiger raak in hul antwoorde teenoor die opposisie,” sê dié senior amptenaar.
Die Amerikaanse amptenaar sê Washington het dit duidelik gemaak wat dié regering sal moet doen om verhoudinge tussen Zimbabwe en Amerika te bevorder.
Amerika het ’n beroep op Zimbabwe gedoen om hul wette oor mediavryheid te verslap en gesê hulle moet betogings toelaat.
Die amptelike opposisie, die MDC, wou twee keer teen die regering en pres. Emmerson Mnangagwa betoog, maar is telkens verbied.
Die MDC wil teen Mnangagwa se regering betoog omdat hulle hom daarvan beskuldig dat hy ’n outoritêre bewind voer en sê dit is sy skuld dat Zimbabwe die ergste ekonomiese krisis in ’n dekade beleef.
Dié nuwe vlaag betogings volg op grootskaalse protes in Januarie toe die regering ’n 150%-styging in die brandstofprys aangekondig het. Altesaam 12 mense is tydens die betogings dood.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie