VSA se boere gaan minder mielies, sojabone plant
China straf Amerika, landbou ly
Boere in die VSA gaan minder mielies en sojabone as gewoonlik plant.
Dit kom ná jare se buitengewoon groot oeste wat tot ’n enorme oorskot en langdurige lae pryse gelei het.
Die VSA se departement van landbou (USDA) se eerste verslag oor plantvoornemens vir die komende seisoen het die meeste ontleders onkant betrap en pryse op die Chicago Board of Trade (CBOT) het dadelik begin verhoog.
Aanplantings van mielies word met 2,14 miljoen akker tot 88,03 miljoen akker verlaag. Dis heelwat minder as die voorspelling van 89,42 miljoen akker wat voorheen beraam is. Een akker is so groot soos 0,405 hektaar.
Vanjaar se sojaboon-aanplantings sal volgens die USDA 89 miljoen akker beslaan, wat ook laer is as die laagste voorspelling deur ’n Bloomberg-opname onder ontleders.
Dis ook die eerste keer in 35 jaar dat meer sojabone as mielies in die VSA aangeplant word.
Volgens die webtuiste Agrimoney.com is daar ook kommer onder Amerikaanse boere oor die gevolge van die dreigende handelsoorlog tussen die VSA en China.
“In die sojaboonmark het Chinese kopers, die wêreld se voorste invoerders van sojaboon, toenemend hul voorraad in Brasilië gaan soek weens vrese dat bestellings vir Amerikaanse sojabone deur weerwraak van Beijing getref word.”
Dit kom nadat die VSA enorme invoertariewe op die invoer van staal en aluminium begin hef het – produkte wat China op grootmaat uitvoer.
Die Chinese regering het toe aangekondig hy gaan tariewe van tot 25% op tot 128 ingevoerde Amerikaanse produkte hef.
Dít is ’n groot frustrasie vir Amerikaanse boere, want die meeste van hierdie produkte wat nou gestraf word deur China, is landbouprodukte.
“Tog is dit die VSA se nywerheidsektor wat die primêre voordeel van Trump se veldtog sal geniet,” sê Agrimoney.com. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie