VSA se geheime diens lei Namibiu00ebrs op
VSA se geheime diens lei Namibiu00ebrs op

VSA se geheime diens lei Namibiërs op

Die Amerikaanse ambassade het ondersoekers en kenners uit Amerika se geheime diens na Namibië gebring om plaaslike rolspelers in die finansiële bedryf touwys te maak oor finansiële misdrywe.

Meer as 40 mense uit die bedryf het die werkwinkel bygewoon.

Die opleiding het op kubermisdaad, die opspoor van vervalste geld, asook aanlyn bankbedrog gefokus.

Volgens mnr. Bobby Outlaw van die geheime diens is dié opleiding belangrik omdat dit bewustheid van die beskerming van Namibië se finansiële markte bevorder.

Deelnemers het opleiding ontvang oor spesifieke tegnieke wat kan help om gou wettige en vervalste note te identifiseer.

Dié tegnieke kan nou as deel van hul dagtake geïmplementeer word om die vloei van vervalste geld, asook finansiële bedrog hok te slaan wat Namibië se finansiële sektor skade berokken.

Die Bank of Namibia se direkteur van valutabeheer en regsdienste, mnr. Bryan Eiseb, het sy dank teenoor die Amerikaanse geheime diens vir die opleiding uitgespreek.

“Dit het nuwe tegnieke gebied om kubermisdadigers en vervalsers hok te slaan,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!