VSA sit voet dwars oor N-Korea
In die skerpste waarskuwing nog het Amerika se minister van finansies gesê die land sal nie sake doen met diegene wat handel met Noord-Korea dryf nie.
Estelle de Bruyn - Ná Noord-Korea se jongste kerntoets, die grootste tot nog toe, is ‘n ernstige waarskuwing aan lande gerig wat met Noord-Korea handel dryf.
Die Amerikaanse minister van finansies, mnr. Steven Mnuchin, het Sondag gesê sy departement is besig om maatreëls te tref om Noord-Korea “ekonomies af te sny”. Voorts het Mnuchin gewaarsku Amerika sal verseker dat enige iemand wat met Noord-Korea handel dryf, nie sake met Amerika doen nie.
Alhoewel Namibië, in vergelyking met China, maar ‘n klein handelsvennoot van Noord-Korea is, was Namibië die Afrikaland wat die afgelope twee dekades die meeste sake met Pjongjang gedoen het.
Tussen Januarie en Junie vanjaar het Namibië US$75,1 miljoen se goedere na Amerika uitgevoer en US$53,5 miljoen se goedere van Amerika ingevoer, wat ‘n positiewe handelsbalans vir Namibië van 21,6 persent toon.
Ondertussen swyg die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking soos die graf. Skriftelike vrae wat reeds op 24 Augustus deur Republikein aan die ministerie gestuur is, bly onbeantwoord.
Republikein wil van die ministerie weet wat Namibië se reaksie is op die jongste sanksies wat Amerika ingestel het teen Qingdao Construction, ‘n Chinese maatskappy wat in Namibië werksaam is, en nou die kontrakte van die Noord-Koreaanse konstruksiemaatskappy Mansudae oorgeneem het.
Voorts vra Republikein of al die Noord-Koreane wat in sanksies deur die Verenigde Nasies (VN) geteiken word, die land verlaat het: “Namibië het in Junie 2016 aangekondig dat dit gehoor gee aan VN-sanksies en resolusies en dat alle Noord-Koreane die land sal verlaat en dat ‘n einde aan Noord-Koreaanse kommersiële aktiwiteite in Namibië gemaak word. Hoekom neem dit so lank om dit te implementeer? Hoeveel regeringskontrakte is Mansudae mee besig in Namibië en wat behels dit?”
Sondag het monitors ‘n kragtige aardbewing van 6,3 naby Noord-Korea se kerntoetsterrein aangemeld. Dit is tot in dele van China en Rusland gevoel. Naskokke het ‘n ondergrondse tonnel ineen laat stort.
Volgens Suid-Korea se Yonhap-nuusagentskap het Seoel se nasionale intelligensiediens gesê dit was die Noorde se vyfde kerntoets wat in dieselfde nommer 2-tonnel by die Punggye-ri-toetsterrein uitgevoer is.
Die Noorde het die toets as “’n perfekte sukses” beskryf.
Amerika, Brittanje, Frankryk, Japan en Suid-Korea het gister ‘n dringende vergadering van die VN se Veiligheidsraad belê om die jongste krisis te bespreek.
"Ons kan nie langer tyd mors nie,” het Japan se ambassadeur na die VN, Koro Bessho, voor die noodvergadering aan verslaggewers gesê.
"Noord-Korea moet die druk voel. As hulle hierdie pad stap, sal daar gevolge wees.”
Die Veiligheidsraad het sewe stelle sanksies teen Noord-Korea ingestel sedert die land in 2006 sy eerste kerntoets uitgevoer het. Pjongjang het egter herhaaldelik maniere gevind om hierdie maatreëls te systap.
– Bykomende inligting Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie