VSA skenk voertuie teen wildmisdaad
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, het twee Toyota Land Cruisers oorhandig aan ’n projek om wildsmokkelary te voorkom.
Die projek word volgens ’n mediaverklaring van die Amerikaanse ambassade deur die Namibia Nature Foundation (NNF) bestuur. Een voertuig sal deur NNF in die Windhoek-gebied gebruik word en die ander deur die ministerie van die omgewing en toerisme in die Kunenestreek.
Die projek is die derde in ’n reeks van drie projekte wat die Amerikaanse departement se Buro van Internasionale Narkotika en Wetstoepassingsake (INL) finansier. Die doel is om stropery en smokkelary van bedreigde diere te verminder.
Dit poog ook om Namibië se strafregtelike regsinstellings te versterk om wetstoepassing, ondersoeke en vervolging van wildmisdaad suksesvol uit te voer.
Die projek ondersteun die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibiese polisie direk om wildstropery op voetsoolvlak te takel.
Die ministerie van justisie, die aanklaer-generaal se kantoor en die ministerie van finansies is ander belangrike vennote in die stryd teen wildmisdaad.
Die voertuie sal gebruik word om projekspanne se mobiliteit in die Noordweste te verbeter, asook van dié projekbestuurseenheid.
“Die stryd teen wildsmokkelary vereis ’n vennootskap tussen organisasies soos die NNF, regerings en gemeenskappe om saam te werk om Namibië se mees bedreigde spesies te bewaar,” sê Johson.
Die uitvoerende direkteur van die NNF, mnr. Angus Middleton, sê deur steun aan verskeie Namibiese staatsinstellings en vennote in die veld het voorvalle van renosterstropery gedaal en inhegtenisnemings gestyg.
“Dit is nie net nasionaal van belang vir wildlewe en toerisme nie, maar ook omdat misdaadsindikate nie slegs wild teiken nie, maar betrokke is by ander misdaad soos dwelmsmokkelary en mensehandel,” sê hy.
Middleton sê die skenking beklemtoon die behoefte aan internasionale samewerking om wildmisdaad te bekamp en om dié erfenis wêreldwyd te bewaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie