VSA snoei rentekoers drasties weens Covid-19
Die Federale Reserweraad (Fed) het Sondag ’n drastiese stap gedoen om die Amerikaanse ekonomie van die invloed van die Covid-19-virus te red deur die rentekoers met ’n volle persentasiepunt tot byna nul te verlaag.
Hy het ook belowe om sy effekte met minstens $700 miljard te verhoog.
Jerome Powell, voorsitter van die Fed, het Sondagaand op ’n mediakonferensie wat haastig per telefoon gereël is, gesê dat die ontwrigting van lewens en ondernemings beteken dat ekonomiese groei in die tweede kwartaal waarskynlik laag gaan wees. Volgens hom is dit ook moeilik om te sê hóé lank dié situasie gaan duur.
Hy het gesê die fiskale beleid moet nou gebruik word om die invloed daarvan op die ekonomie te help verminder.
“Die ding wat die fiskale beleid, en eintlik net die fiskale beleid, kan doen, is om regstreeks uit te reik na die betrokke nywerhede en werkers wat hierdeur geraak word, en ons het iets daarvan gesien, so dit is ’n belangrike taak,” het hy gesê.
“Ons weet wel dat die virus sy gang sal gaan en dat die Amerikaanse ekonomie ’n normale aktiwiteitsvlak sal hervat. Intussen sal die Fed voortgaan om ons instrumente te gebruik om kredietvloei te ondersteun.”
Die koers is nou nul tot 0,25%, wat ooreenstem met die rekordlaagtepunt wat dit in die finansiële krisis in 2008 behaal het en waar dit tot Desember 2015 gehou is.
Die sentrale bank het ook verskeie ander stappe aangekondig, onder meer om banke toe te laat om vir so lank as 90 dae die kortingsvenster te gebruik, terwyl reserwevereistes tot nul persent verminder is.
Daarbenewens het dit met vyf ander sentrale banke verenig om te verseker dat dollars wêreldwyd via ruillyne beskikbaar is.
Powell het gesê dat hy nie dink dat negatiewe koerse, wat in Europa en Japan gebruik is, ’n gepaste beleid in die VSA sou wees nie.
Pres. Donald Trump, wat die Fed Saterdag nog gekritiseer het omdat hy nie die tariewe vinniger en verder verlaag het nie, het vinnig sy steun aan die skuif toegesê.
“Dit maak my baie gelukkig en ek wil die Fed gelukwens,” het hy gesê. “Dis ’n groot stap en ek is baie bly dat hy dit gedoen het.”
Die Fed se drastiese besluit kom nadat al meer bewyse na vore gekom het dat die Amerikaanse ekonomie swaar deur die virus getref word.
Net Sondag het die deelstaat Ohio gelas dat alle kroeë en restaurante onbepaald gesluit word.
Nike het al sy winkels tot minstens 27 Maart gesluit en lugrederye het hul internasionale vlugte drasties besnoei.
Ondernemings gee personeel opdrag om van die huis af te werk, en reis en vermaak word veral aangetas.
Die risiko van ’n resessie in Amerika neem al meer toe namate die invloed van die virus versprei.
Goldman Sachs het Sondag in sy groeivooruitsigte vir Amerika geen groei in die eerste kwartaal en ’n inkrimping van 5% in die tweede kwartaal voorspel.
Die Fed het gesê hy sal rentekoerse naby nul hou “totdat hy oortuig is dat die ekonomie onlangse gebeure verwerk het en op die regte spoor is om sy maksimum werk- en prysstabiliteitsdoelwitte te bereik”. – Bloomberg, verkort/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie