VSA stel sanksies teen Rusland in ná Skripal-vergiftiging
Die eerste stel sanksies is gerig op sekere artikels wat Amerika na Rusland uitvoer wat militêre gebruike kan hê.
Amerika gaan nuwe sanksies teen Rusland instel nadat daar vasgestel is dat ’n senuweemiddel gebruik is om ’n voormalige Russiese spioen en sy dogter te vergiftig.
Sergei Skripal en sy dogter, Julia, was ernstig siek nadat hulle in Maart met novitsjok in Salisbury, Engeland, vergiftig is. Hulle het uiteindelik daarvan herstel.
’n Britse ondersoek het daarop gedui dat Rusland agter die vergiftiging is, maar die Kremlin ontken steeds betrokkenheid.
Rusland kritiseer die nuwe sanksies as “drakonies”, berig die BBC.
In ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is, het die Amerikaanse departement van openbare aangeleenthede bevestig daar gaan maatreëls teen Rusland ingestel word.
Heather Nauert, woordvoerder, sê daar is vasgestel dat die land “chemiese of biologiese wapens gebruik het wat lynreg teen die internasionale reg indruis, of dodelike chemiese of biologiese wapens teen sy eie burgers gebruik het”.
Die departement het Woensdag die kongres in kennis gestel van die eerste van twee potensiële dele van sanksies wat ingevolge die 1991-wetgewing vereis word, berig CNN.
Die Britse regering het die sanksies verwelkom.
Tensy Rusland sekere stappe doen, moet ’n tweede stel strawwe sanksies – strenger as nou – ingevolge wetgewing volg.
Die eerste stel sanksies is gerig op sekere artikels wat Amerika na Rusland uitvoer wat militêre gebruike kan hê.
Dit is sensitiewe artikels wat gewoonlik deur ’n noukeurige inspeksieproses gaan voordat dit uitgevoer word. Met hierdie sanksies in plek sal die uitvoer heel moontlik geweier word.
Die VSA sal intussen van Rusland verwag om hulle oor die volgende 90 dae te oortuig dat hulle nie meer chemiese of biologiese wapens gebruik nie en dit ook nie in die toekoms sal doen nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie