VSA steun vervaardiging van entstowwe in Afrika
VSA steun vervaardiging van entstowwe in Afrika

VSA steun vervaardiging van entstowwe in Afrika

Slegs 1% van Afrika se bevolking van 1,1 miljard inwoners is al teen Covid-19 ingeënt.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Amerika gaan 'n langtermyn­lening van 600 miljoen euro aan die farmaseutiese maatskappy Aspen in Suid-Afrika toeken in 'n poging om die vervaardiging van entstowwe teen Covid-19 in Afrika te versnel.

Volgens me. Gayle E. Smith, koördineerder van die globale Covid-19-reaksie teen die pandemie sowel as gesondheid­sekuriteit, is entstowwe en die noodsaaklikheid in die aflewering van die entstowwe nou hul topprioriteit.

Volgens haar is Amerika die grootste skenker aan Covax en het president Joe Biden bekend gemaak die land gaan 80 miljoen dosisse van sy eie voorraad skenk.

Biden het ook voor die G7-beraad aangekondig die land gaan 500 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof aankoop en skenk.

Smith het erken Amerika is bekommerd oor die beskikbaarheid van voorraad en wil alles in sy vermoë doen om voorrade te verhoog om te verseker soveel lande as moontlik kan so gou as moontlik voldoende hoeveelhede entstowwe bekom.

“Dit behels om 'n beroep op groot verskaffers te doen om hul produksie te verhoog en tweedens is om plaaslike produksie te vergroot om beskikbaarheid op meer plekke te verhoog.

Mnr. David Marchick, uitvoerende hoof van die Amerikaanse departement van internasionale ontwikkelingsfinansiering, het erken een uitdaging is dat Afrika nie genoeg vervaardigers het nie. Uitdagings word ook in logistieke en ver­skaf­fingskettings ervaar en Afrika-lande het beperkte bronne om entstowwe te produseer en aan te koop.

Volgens hom gaan die departement van finansiële samewerking, in samewerking met die internasionale finansiële samewerking van die Wêreldbank, die Duitse Ontwikkelingsbank (DEG) en die Franse Ontwikkelingsbank (Proparco) lang termyn, stabiele finansiering aan Aspen Pharmacare verskaf om die reaksie teen die pandemie in Suid-Afrika en oral in Afrika te ondersteun.

“Ons konsortium finansiële instellings vir ontwikkeling sal onder meer 'n direkte lening aan Aspen verskaf om die produksie van entstowwe te ondersteun en hul bedrywighede uit te brei, met die kernwerksaamhede wat in Suid-Afrika plaasvind. Die lening sal help om Aspen se pogings te ondersteun om entstowwe vir Afrika vir vanjaar en aanstaande jaar te vervaardig,” het hy gesê.

Die produksie sal help om aan die vereiste standaarde van die Afrika-unie se doelwit van 400 miljoen dosisse te voldoen wat vir noodgebruik gelys (EUL) word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).

Volgens hom kom dit op 'n kritieke tyd omdat Afrika sover die laagste inentingskoers van enige streek het, met net 1% van die vasteland se bevolking van 1,1 miljard inwoners wat ingeënt is.



INDIë

Marchick sê voorts ondersteuning is ook reeds gegee aan Biological E in Indië om hulle te help om ten minste 'n miljard dossise entstof teen die einde van die jaar te vervaardig.

Smith het op haar beurt gesê die lening aan Aspen sal help om die produksie van entstowwe te verhoog, terwyl dit ook die maat­skappy se kernbedrywighede in Suid-Afrika sal uitbrei.

Volgens Marchik sal die maatskappye 600 miljoen euro as deel van die langtermynlening ontvang.

“Talle farmaseutiese maatskappye in Afrika kon net daarin slaag om korttermynlenings te kry.

“Die langtermynlening sal Aspen in staat stel om langtermyn-uitdagings te hanteer wat met gesondheidsekuriteit in Afrika verband hou. Ons uiteindelike doel is om te help verseker dat daar lang termyn, volhoubare produksie van entstowwe oraloor die wêreld is,” het hy gesê.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!