VSA-verkiesing gee rand u2019n hupstoot
VSA-verkiesing gee rand u2019n hupstoot

VSA-verkiesing gee rand ’n hupstoot

Elvira Wood – Die dollar het in afwagting op die middeltermynverkiesing in Amerika teruggesak en die rand ’n hupstoot gegee.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R14,19 teenoor die dollar verhandel.

Dit is die beste vlak in tien dae.

Reuters berig die dollar kan weer herstel afhangende van die verkiesing se uitslag.

Na verwagting behoort die Demokrate beheer te behou van die huis van verteenwoordigers terwyl die Republikeine weer die meerderheid in die senaat behoort te behou.

Ontleders meen dit sal goeie nuus wees vir die dollar.

Hulle waarsku egter dat sou die resultate anders wees, dit baie nadelig vir die dollar kan wees.

“Die verkiesing Dinsdag en die Federale Reserweraad (Fed) se besluit oor rentekoerse later die week is genoeg om beleggers onrustig te laat,” sê Shaun Osborne, hoof valutastrateeg by Scotia Capital in New York.

Die Fed vergader Woensdag en Donderdag.

Die rand het vroegoggend teen R18,52 teenoor die pond en R16,18 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

· Goud: $1 229 per fynons

· Platinum: $864 per fynons

· Olie: $72,85 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 411,79

· Ethereum: $208,55 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!