VSA verleng sanksies teen Zim-hou00ebs
VSA verleng sanksies teen Zim-hou00ebs

VSA verleng sanksies teen Zim-hoës

Saamgestel Deur Hanlie Stadler – Pogings deur pres. Cyril Ramaphosa en ander Afrika-leiers om die VSA te oorreed om sanksies teen Zimbabwiese politici en staatsondernemings op te hef, het op niks uitgeloop nie.

Pres. Donald Trump het die VSA se uitgebreide sanksies teen Zimbabwe dié week met nog ’n jaar verleng, berig EWN.

Minstens 140 instellings en individue in Zimbabwe is aan die sanksies onderhewig, insluitend Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, en oudpres. Robert Mugabe.

Daarby is die sanksies van toepassing op die regerende party, Zanu-PF, militêre leiers en staatsondernemings.

Ingevolge die sanksies mag die betrokke mense en ondernemings nie eiendom in die VSA koop of verkoop of daarheen reis nie. Soortgelyke sanksies is in Brittanje en ander lande van krag.

Die sanksies gaan verleng word totdat Mnangagwa Zimbabwe se wette verander om mediavryheid te verbeter en protesoptrede toe te laat, volgens die VSA.

Die sanksies is sedert 2003 van krag.

Trump sê in ’n brief aan die senaat daar was probleme met die verkiesing van Julie 2018, berig Business Live.

Ramaphosa en dr. Stergomena Tax, sekretaris van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), het in Januarie tydens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jaarberaad in Davos, Switserland, gepleit dat sanksies opgehef word. Ramaphosa het gesê Zimbabwe moet “ernstige, ernstige ekonomiese uitdagings trotseer, en kan deur die wêreld bygestaan word indien daardie sanksies opgehef word”, berig Fin24.

Vroeër vanjaar is minstens 17 mense dood toe die weermag betogings teen die skerp styging in brandstofpryse onderdruk het. Dit was juis net kort voor die WEF-beraad.

Die SAOG se staatshoofde het Februarie in ’n gesamentlike verklaring gesê die sanksies is “onwettig” en verhinder dat die ekonomie hervorm word “sodat welvaart na die mense van Zimbabwe gebring kan word”, berig Fin24.

Trump se uitvoerende bevel lui egter: “Die aksies en beleid van hierdie mense hou aan om ’n uitsonderlike en buitengewone bedreiging vir die buitelandse beleid van die VSA.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!