VSA voer al hoe meer whiskey na SA uit
VSA voer al hoe meer whiskey na SA uit

VSA voer al hoe meer whiskey na SA uit

Vida Booysen - Suid-Afrikaners geniet hul Amerikaanse whiskey. Daarvan getuig die groei van 17% in die invoer van dié dranksoort tussen 2016 en 2017.

Dis egter slegte nuus vir plaaslike produsente, veral dié wat brandewyn vervaardig.

Die aanslag van die produsente van Skotse whisky en Amerikaanse en Ierse whiskey op die Suid-Afrikaanse mark knou die plaaslike brandewynverkope, sê Emile Joubert, wynkenner en rubriekskrywer.

“Whisky se sukses was deur en deur die resultaat van hoëvlak­bemarking deur internasionale drankreuse wat honderdmiljoene rande aan reklame en promosies bestee.”

Hy sê 20 jaar gelede was die verkope van whiskey in Suid-Afrika minder as die helfte van dié van brandewyn.

“Tans draai brandewynverkope by die 30 miljoen liter per jaar terwyl die verkope van whiskey by die 36 miljoen liter trek, maar die syfer was op ’n kol bo die 40-miljoen-liter-kerf.”

Dié groei in in die verkope van Amerikaanse whiskey is in ooreenstemming met ’n opwaartse neiging vir alle Amerikaanse gedistilleerde spiritualieë, volgens Christine LoCascio, senior visepresident van internasionale handel van die Distilled Spirits Council (DSC) van die VSA.

Sy sê whiskey ter waarde van $10,5 miljoen is verlede jaar na Suid-Afrika uitgevoer vergeleke met $8,9 miljoen in 2016.

Die VSA se plaaslike en internasionale mark vir gedistilleerde spiritualieë groei volgens die DSC reeds die afgelope agt jaar aaneenlopend.

Die VSA se eie mark is luidens ’n verklaring van die DSC die tweede waardevolste mark ter wêreld en het in 2017 ’n rekordjaar beleef. Verskaffers se verkope het met 4% gestyg tot $26,2 miljard.

Internasionale verkope het in dieselfde tydperk met 14,3% tot $1,64 miljard gestyg – ook ’n nuwe rekord.

“Verbruikers se smaak vir premium Amerikaanse whiskey asook die gunstige wisselkoerse het internasionale verkope ondersteun,” sê LoCascio.

Sy sê Amerikaanse whiskey raak al hoe gewilder in die groeiende mark vir skemerkelkies. Dit is veral die duurder handelsname wat groter aftrek kry.

Die grootste markte vir Amerikaanse whiskey is Brittanje, Duitsland, Brasilië en Frankryk.

Maar Amerikaanse uitvoerders stel ook al hoe meer belang in Suid-Afrika as ’n uitvoerbestemming, volgens LoCascio.

Dis veral Tennessee-whiskey en bourbon, veral in die premium-kategorie, wat sterk groei, terwyl whiskey wat van rog gebrou word, ook gewilder raak. Dié drank is eie aan Amerika en volumes het in die Amerikaanse mark met 934% sedert 2009 gegroei. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!