VSA voer lugaanval in suide van Somaliu00eb uit
VSA voer lugaanval in suide van Somaliu00eb uit

VSA voer lugaanval in suide van Somalië uit

Afrika se dodelikste Islamitiese ekstremiste­groep was die teiken van 'n Amerikaanse aanval in die suide van Somalië.
NAMPA
Die Amerikaanse weermag sê dit het 'n lugaanval op Al-Sjabaab in Somalië uitgevoer.

Dit kom midde stappe deur die administrasie van pres. Donald Trump om stil-stil optrede teen die dodelike, ekstremistiese, Islamitiese groep te verskerp.

'n Pentagon-woordvoerder, maj. Audricia M. Harris, sê die aanval het Sondagmiddag (Somaliese tyd) plaasgevind en Amerika ontleed die resultate.

Sy het dit nie as 'n hommeltuigaanval beskryf nie. Somaliese amptenare het gesê Amerika het die afgelope jare verskeie aanvalle met hommeltuie uitgevoer op Al-Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het.

Die lugaanval volg ná 'n soortgelyke aanval in Junie. Amerika het ná hierdie aanval gesê agt Islamitiese ekstremiste by 'n rebellebevelspos en logistieke kamp in die suide van die land is dood. Somalië se pres. Mohamed Abdullahi Mohamed het gesê Somaliese en vennootmagte het 'n opleidingskamp naby Sakow in die Middel-­Juba-streek vernietig.

Trump het uitgebreide ­militêre operasies teen Al-Sjabaab, insluitende meer aggressiewe lugaanvalle, goedgekeur en beskou dele van die suide van Somalië as gebiede van aktiewe vyandigheid.



TROEPE ONTPLOOI

Amerika het in April aangekondig dat die land 'n dosyn gewone troepe na Somalië stuur in die grootste ontplooiing in ongeveer twee dekades. Die ontplooiing is met die oog op logistieke opleiding van die Somaliese weermag gedoen.

Die Horing van Afrika-nasie probeer herbou ná twee dekades van 'n mislukte staat, en die chaos het bygedra tot die opkoms van Al-Sjabaab. 'n Nuwe bedreiging het nou in die noorde van die land na vore getree met vegters wat sê hulle het 'n alliansie met die Islamitiese Staat-groep (IS).

Al-Sjabaab het verlede jaar die dodelikste Islamitiese ekstremistegroep in Afrika geword, met meer as 4 200 mense wat in 2016 dood is, sê die Washington-gebaseerde Afrika-sentrum vir Strategiese Studies. Die ekstremiste het onderneem om aanvalle te verskerp ná die onlangs verkose regering 'n nuwe militêre offensief teen hulle van stapel gestuur het.

Toenemende druk word op Somalië se weermag geplaas om die volle verantwoordelikheid vir die land se veiligheid oor te neem. Die 22 000 man sterk multinasionale mag van die Afrika-unie, Amison, wat die brose regering ondersteun, beplan om in 2018 te begin onttrek en die land teen 2020 te verlaat.

Die Amerikaanse weermag is onder dié wat kommer uitgespreek het dat Somaliese magte nie gereed vir so 'n uitdaging sal wees nie.

- Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!