VSA weier Esau, Shanghala toegang
VSA weier Esau, Shanghala toegang

VSA weier Esau, Shanghala toegang

Die woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, mnr. Ned Price, het Dinsdag in 'n mediaverklaring gesê die voormalige Namibiese regeringsamptenare mnre. Bernhard Esau en Sacky Shanghala word voortaan toegang tot Amerika geweier.

'n Reisverbod is ook op Esau se gesin geplaas.

“Die lede van Bernhard Esau se gesin wat ook toegang tot die Verenigde State geweier sal word, sluit sy vrou, me. Swamma Esau, en sy seun, mnr. Philippus Esau, in,” luidens die verklaring.

Hierdie besluit is geneem onder artikel 7031(c) van die Begrotingswet van 2021 van die departement van staat, buitelandse bedrywighede en verwante programme.

“In hul amptelike hoedanigheid as minister van visserye en mariene hulpbronne (Esau) en minister van justisie (Shanghala) was hulle betrokke by korrupte dade wat die regswette en die Namibiese publiek se vertroue in demokratiese instellings en openbare prosesse van hul regering ondermyn het. Hulle het hul politieke invloed en amptelike mag vir eie gewin gebruik,” lui die verklaring.

Volgens die verklaring bevestig hierdie stap Amerika se verbintenis om hervormings teen korrupsie te ondersteun wat die sleutel tot Namibië se suksesvolle toekoms is.

“Die Verenigde State staan steeds saam met alle Namibiërs ter ondersteuning van demokrasie en die oppergesag van die reg, en teen diegene wat hierdie beginsels vir eie gewin sou ondermyn.

“Die departement sal voortgaan om owerhede te gebruik om die aanspreeklikheid van korrupte rolspelers in hierdie streek en wêreldwyd te bevorder.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!