VSA wil belegging in SA verdubbel
VSA wil belegging in SA verdubbel

VSA wil belegging in SA verdubbel

Karin Eloff
Hanlie Stadler



Die Amerikaanse Kamer van Koophandel het Woensdag aangekondig die VSA wil sy investering in Afrika teen 2025 verdubbel.

Die aankondiging is gedoen as deel van pres. Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie, wat in Johannesburg gehou word.

Volgens die kamer belê meer as 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika 'n ongespesifiseerde bedrag wat volgens die kamer 10% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) verteenwoordig.

10% van Suid-Afrika se huidige BBP is in die omgewing van US$35 miljard, volgens die Wêreldbank se syfers. Die kamer wil hê teen 2025 moet meer as 1 000 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika bedrywig wees en 'n bydrae van meer as 15% van die BBP lewer.

Die kamer se VSA-Afrika-sakeraad is sewe jaar gelede bekend gestel.

“Vandag, deels danksy pres. Ramaphosa se verbintenis tot ekonomiese hervorming in Suid-Afrika, is die raad goed geplaas om sy ­regstreekse buitelandse investering in die streek teen 2025 te verdubbel,” sê Scott Eisner, President van die VSA-­Afrika-sakesentrum by die Kamer van Koophandel.

“Ons sien daarna uit om beleggingsbande tussen die VSA en Suid-­Afrika te versterk deur as 'n platform te dien vir kommersiële gesprekke op die mees senior vlak van sake en ­regering.'

Farid Fezoua, president en uitvoerende hoof van General Electric Africa en GE Healthcare Africa, sal die voorsitter van die raad word.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!