VSA wink weer vir Nakathila

Boks
Jeremiah Nakathila is binnekort op pad terug na Amerika vir ’n groot boksgeveg teen ’n voormalige wêreldtitelhouer.
Nakathila en Miguel Berchelt het ingestem tot ’n ooreenkoms vir ’n geveg in die liggewigklas op 26 Maart, het bronne aan ESPN gesê.
Die venue van die geveg moet nog bevestig word.
Berchelt (38-2, 34 uitklophoue) het na liggewig opgeskuif nadat hy in Februarie 2021 sy WBC wêreldtitel op 130 pond verloor het toe Oscar Valdez hom op brutale wyse uitgeslaan het.
Die 30-jarige Mexikaan was sedertdien nog nie weer in ’n geveg betrokke nie.
Berchelt se terugkeergeveg kom teen die immer ambisieuse Namibiër wat in Junie in Las Vegas met ’n eenparige puntebeslissing teen Shakur Stevenson verloor het. Nakathila (22-2, 18 uitklophoue) is in die vierde ronde van sy debuutgeveg op Amerikaanse bodem platgeslaan en het elke ronde op al drie beoordelaars se telkaarte verloor.
Die 32-jarige Nakathila het laas Oktober teruggekeer na die kryt met ’n betreklik laeprofiel tegniese uitklopoorwinning teen Ndodana Ncube van Zimbabwe in Windhoek.
Berchelt, met die vegnaam El Alacran (Die Skerpioen) het sy WBC junior liggewigtitel agt suksesvol verdedig totdat Valdez hom aan die einde van die tiende van die tiende ronde met ’n linkerhaakhou disnis gemoker en hospitaal toe gestuur het.
Nakathila is gister deur ons susterkoerant Namibian Sun oor die komende geveg gepols, maar hy wou nie veel uitbrei nie.
“Ja, die geveg is bevestig, maar ek kan nie veel daaroor sê tot my promotor (Nestor ‘Sunshine’ Tobias) dit aankondig nie. Maar soos jy kan sien, is dit amptelik – ek gaan binnekort weer VSA toe.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!