Vuishou vir fosfaat-planne
Die baanbreker-uitspraak balanseer die beskerming van die Namibiese omgewing en die regte van die maatskappy wat fosfaat uit die seebodem wil ontgin.
Catherine Sasman - Die klaringsertifikaat vir die ontginning van mariene fosfaat wat op 5 September uitgereik is, is gister deur die minister van omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, tersyde gestel.
Hierdie geskiedkundige wending kom ná ‘n enkele appèl deur die uitvoerende hoof van die Namibiese Verbruikerstrust, mnr. Michael Gaweseb, teen die uitreiking van die klaringsertifikaat aan Namibia Marine Phosphate (NMP). Dit is op die nippertjie aan die minister gerig.
Die besluit is egter onderhewig aan verdere insette en konsultasie.
Ingevolge Shifeta se besluit moet die kommissaris van die omgewing, mnr. Teofilus Nghitila, die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, die visbedryf en ander belanghebbende partye in kennis stel om hul insette binne die volgende drie maande te finaliseer. Die hele proses van konsultasie moet binne ses maande voltooi word.
Shifeta se aankondiging is onmiddellik van krag en bindend op alle partye wat direk en indirek deur die kwessie geraak word, tensy ''n hoërhofbevel dit tersyde stel.
Die verhoor van ‘n dringende aansoek by die hoërhof teen die klaringsertifikaat deur die Konfederasie van Namibiese Visvangverenigings (CNFA) is gister uitgestel tot Maandag in afwagting op ''n kabinetbesluit oor die aangeleentheid.
Gaweseb het gedurende die appèlverhoor op 31 Oktober aangevoer dat mariene fosfaat-ontginning ‘n verwoestende, langdurige en negatiewe impak op die mariene omgewing sal hê. Hy het ook aangevoer dat daar beperkte openbare konsultasie oor die kwessie was.
In sy 17-bladsy lange besluit het Shifeta gesê dat hy geen beduidende prosedurele gebreke in die toekenning van die klaringsertifikaat bespeur het nie. Hy stem dus saam met Nghitila dat die regte prosedures gevolg was met die toekenning van die sertifikaat.
Shifeta het egter ‘n dwarsklap na die ministerie van visserye uitgedeel deur te sê dat dié versuim het om te reageer op ‘n versoek van Nghitila om ‘n finale verslag te hersien. Hierdie versoek, sê Shifeta, is op 13 Junie aan die ministerie gerig, maar is “geïgnoreer” of “nie as noodsaaklik” beskou nie.
Shifeta het gesê die ministerie se versuim om te reageer op die finale verslag en om insette van die visbedryf te kry, óf om die bedryf bewus te maak dat dit proaktief moet optree, is nie die skuld van die visbedryf nie.
Hy het voorts gesê dat die Namibiese grondwet pertinent voorsiening maak vir die beskerming van die omgewing in die openbare belang en dat dít swaarder weeg as die regte van die NMP wat reeds in 2011 om die klaringsertifikaat aansoek gedoen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie