Vulkaan in Guatemala eis talle lewens

Die uitbarsting sal sowat 1,7 miljoen mense raak.
Minstens 25 mense is dood en honderde beseer nadat die vulkaan Fuego in Guatemala aktief geraak het.

Die BBC berig die vulkaan, sowat 40 km suidwes van die hoofstad, Guatemala Stad, het Sondagaand klippe, swart rook en as die lug ingeskiet.

Luidens die Guatemalaanse nooddienste het ’n rivier van lawa die dorpie El Rodeo verwoes.

Talle mense het doodgebrand en huise het in die slag gebly, berig die BBC.

CNN berig die uitbarsting sal sowat 1,7 miljoen mense raak.

Volgens Sergio García Cabañas, direkteur van die Guatemalaanse nooddienste Conred, is meer as 3 100 mense uit hul huise ontruim en reddingspogings het deur die nag voortgegaan.

In die hoofstad is die La Aurora-lughawe gesluit weens as wat deur ’n verandering in windrigting veroorsaak is.

Mense is aangeraai om maskers te dra om dit nie in te asem nie.

Pres. Jimmy Morales het ’n nasionale noodtoestand afgekondig.

“Ons dink daar is erge verwoesting in ten minste drie gebiede,” het Morales volgens die BBC gesê.

Luidens plaaslike kenners is die uitbarsting die grootste sedert 1974.

Cabañas het in ’n onderhoud met ’n plaaslike radiostasie gesê die rivier van lawa wat El Rodeo verwoes het, kan dalk ander dorpies ook platvee.

“Ongelukkig is El Rodeo onder lawa begrawe en ons kon nog nie by die dorpie La Libertad uitkom nie. Miskien is mense daar ook dood,” het hy gesê.

Talle kinders, asook ’n lid van Conred, tel onder die dooies.

Intussen het die Guatemalaanse weermag tydelike behuising opgerig vir slagoffers en help met reddingspogings.

Hulle het ook gehelp om as op die lughawe se aanloopbaan op te vee. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!