Vulkaan laat duisende op Bali gestrand
Indonesië het gister sy waarskuwing oor Bali se Agung-vulkaan tot die hoogste vlak verhoog.
Die eiland se lughawe is gesluit en inwoners in die omgewing van die berg is weens dreigende gevaar van ‘n groter uitbarsting aangesê om onmiddellik na veiligheid te gaan.
Bali se lughawe in Denpasar is vir 24 uur gesluit en dit het 445 vlugte en 59 000 passasiers geraak. Vanweë die teenwoordigheid van vulkaniese as van Agung, meen sommige amptenare dit kan moontlik langer gesluit bly.
Beeldmateriaal wat die rampbestuur-agentskap vrygestel het, wys koue lawa-vloei (lahar) teen die berg se hange. Lahar, wat modder en groot rotse bevat, kan huise, brûe en paaie vernietig.
Agung verrys meer as 3 000 meter hoog majestueus oor die oostelike deel van Bali. Die oostelike gebied van Bali is relatief onderontwikkel, met ryslanderye en ‘n goedkoop vakansieoord hier en daar. Die gebied is in skrille kontras met die digbevolkte toeristenaaf van Kuta-Seminyak-Nusa Dua.
Agung se vorige uitbarsting, in 1963, het die lewe van meer as 1 000 mense geëis en verskeie nedersettings platgevee. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie