Vulkaan se uitbarsting ‘kan selfs jare duur’
Die uitbarsting van Hawai se Kilauea-vulkaan kan nog maande, selfs jare duur en nóg gemeenskappe op die eiland bedreig, sê Amerikaanse regeringsgeoloë.
Indien die lawavloei van rigting verander, kan dit meer beboude gebiede bereik en groter verwoesting saai, aldus ’n navorsingsverslag van Hawai se vulkaniese observatorium. Minstens 712 huise is tot dusver deur die lawa verteer en duisende inwoners moes noodgedwonge padgee toe Kilauea op 3 Mei begin uitbars het.
’n Groter hoeveelheid magma vloei ondergronds uit Kilauea se dam lawa in die krater as in vroeëre uitbarstings. Dit vloei onverpoos uit ’n reuseskeur en toon volgens die navorsingsverslag geen teken dat dit gaan afneem nie.
VERSLAG
“As die huidige aktiwiteit voortduur, kan dit maande tot ’n jaar of twee duur voordat dit tot rus kom,” aldus die verslag.
Lawa bars op dieselfde plek 40 km onder Kilauea se oostelike kant uit as in 1840, 1955 en 1960. Die langste van dié uitbarstings was in 1955. Dit het 88 dae lank geduur, afgewissel met rusperiodes in aktiwiteit. Die huidige uitbarsting kan die langste in die vulkaan se aangetekende geskiedenis word, volgens die navorsers.
Geoloë glo vorige uitbarstings het opgehou toe ondergrondse lawadruk afgeneem het weens veelvuldige skeure in die laer oostelike skeursone . Die huidige uitbarsting vloei saam by ’n enkele skeur wat die lawadruk hoog hou.
’n Lawarivier van 400 m vloei nou na die see toe deur ’n kanaal wat sowat 22 m bo die grond is.
“Die groot gevaar is dat die kanaalmure kan meegee en dit die meeste, indien nie al die lawa nie, op ’n nuwe koers stuur,” aldus die verslag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie