Vure brand hoog by Ai Gams-vleisfees
Die Ai Gams-vleisfees by die Western Suburbs-sportgronde in Khomasdal was die afgelope Saterdag een van die beste familie-uitstappies op die hoofstad se naweekspyskaart. Die vleisfees is deur die St. Boniface-gemeente in Pionierspark gehou in ’n poging om geld in te samel vir die bou van 'n nuwe kerkgebou. Die gemeente het die ruimte in die huidige kerkgebou ontgroei. ’n Hoogtepunt was die verskeidenheid musiekvertonings, maar geselligheid, vleis en vonkelvure het verseker dit was ’n suksesvolle dag. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie