Vure brand hoog by Ekspo
Vure brand hoog by Ekspo

Vure brand hoog by Ekspo

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die vure het gisteraand hoog gebrand toe die minister van die omgewing en toe-risme die 18de Namibië Toerisme Ekspo (NTE) amptelik in die hoofstad geopen het.
Minister Pohamba Shifeta se boodskap aan die private sektor in die toerismebedryf was dat hulle nie langtermyn-volhoubaarheid van dié bedryf moet opoffer deur dieselfde tipe toerismeprodukte aan te bied wat deur wildlewe, natuur-skoon en landskappe gedomineer word nie.
“Namibië het al vele internasionale toekennings ontvang, onder meer een van die beste bestemmings in die wêreld, die snelgroeiendste toerismebedryf in die wêreld en die tweede mees gesogte land om in die wêreld te besoek,” het Shifeta gesê.
“Saam met al die erkenning en toekennings wat Namibië al ontvang het, moet ons onsself as Namibiërs bedank. Ons skitter en word erken weens al ons toewyding en pogings om ekotoerisme te omhels.”
Die minister het derhalwe die inisiatief van Namibia Media Holdings (NMH) vir die vestiging van die Namibië Toerisme Ekspo geloof, veral vir die “ongelooflike groei oor die ­afgelope 18 jaar tot die grootste ­byeenkoms vir toerisme in Namibië”.
Hy meen die NTE speel ’n baie groot rol in toerismebemarking, want dit skep ’n omgewing om idees te ruil, te netwerk, reisneigings oral in die wêreld te bepaal en sake te beklink.
“Ek moedig regeringsinstellings aan om in hierdie verantwoordelikheid te deel en te help om die toerismesektor te ontwikkel. Ek verwag dieselfde van die private sektor om nie net op die regering te steun om hierdie agenda te dryf nie,” het Shifeta gemaan.
Die ­minister is verheug dat vanjaar se tema vir die NTE die gemeenskap is, “veral as in ag geneem word dat 60% van die land onder ’n vorm van bewaring is met gemeenskappe wat ’n groot rol in die volhoubaarheid van ons natuurlike hulpbronne speel”.
Shifeta raai besoekers aan om die ­kultuurgroepe van die Lewende Museums by die NTE te besoek wat vir die eerste keer met die land se diversiteit van kulture spog.
“Toerisme is ’n ­ervaring. Die krag van toerisme lê in die bou en bemarking van Namibië en die Namibië Toerisme Ekspo speel ’n sleutelrol hierin, veral in plaaslike toerisme,” het die minister gesê.
Shifeta verwys na die Plaaslike Toerisme Opnameprojek ten bedrae van N$4 miljoen van die Namibië Toerismeraad (NTB) en die ministerie van die omgewing en toerisme oor die afgelope twee boekjare.
Dié studie is gisteraand amptelik bekend gestel, maar die NTB gaan saam met verskillende rolspelers ’n veldtog van stapel stuur om die land se “versteekte toerismejuwele ten toon te stel”.
Old Mutual en Nedbank Namibia is vir die tweede jaar die hoofborge van die NTE en dié bank bied die Nedbank Motorskou aan.
Besoekers kan uitsien na ’n verskeidenheid spesiale finansieringspakkette as hulle ’n nuwe motor by die Nedbank Motorskou koop.
Die ekspo duur tot Saterdag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!