Vuur omsingel Windhoek
Henriette Lamprecht – Reuse veldbrande buite Windhoek het gister vir ’n tweede dag gewoed en in omvang versprei. Dinsdag het dik rookwolke oor die buitewyke van die hoofstad gehang, met vlamme wat veld in die omgewing van Elisenheim, Döbra en tot die heuwels by Ludwigsdorf aangevuur deur ’n sterk wind verteer het. Gister het dit “groot en wyd” by Regenstein buite Windhoek gebrand, vuurslaners hul hande gevol gehad het om brande in die omgewing van Omeya, Klein-Aub, die Otjihase-myn, Farm Hoffnung en Heja Lodge te blus. Inwoners van die plaas Krumhuk buite Windhoek op die Rehoboth-pad het teen laatmiddag gesê sê "dit raak ernstiger by die uur. Die vuur is al naby die plaashuis en die wind is nie in ons guns nie."
Die Namibiese weerdiens voorspeel sterk westewinde Sterk westewinde word oor die sentrale en suidelike gedeeltes van die land vir vandag. Vanaf Mei tot einde September vanjaar is reeds 2,5 miljoen hektaar verwoes volgens die minister van landbou, water en boshou, mnr. Pohamba Shifeta. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie