Vuurgeweld hou klimmer uit die Brandberg
Vuurgeweld hou klimmer uit die Brandberg

Vuurgeweld hou klimmer uit die Brandberg

Des Erasmus
Des Erasmus - Die stormgeweld van die Wes-Kaapland en vlammehel van die Suid-Kaap het weerklank teen die hange van die Brandberg gevind. Een van die klimmers in vandag se aanslag op die vinnigste bekende klimtyd van die Brandberg, Dave Underwood van Knysna, moes hom op die nippertjie onttrek.

Underwood is op Knysna bekend as ‘n avontuurlustige met ‘n besondere belangstelling in plante. Hy wou juis tydens sy klimmery ‘n omvattendende opname van die plantegroei op die Brandberg maak. Maar toe hy hom en sy mense op die lang tog na Uis op die drumpel van Namibië se Namibwoestyn voorberei het, het die groot vuur gekom.

Dave het laat weet dat hy alles in die ramp van vlamme verloor het. Hy, sy vrou en kinders moes met net die klere aan hul lywe te voet voor die vlamme vlug. In die vuurgeweld het hulle alles verloor - hul huis met alles daarbinne, die gesinsmotor en selfs die werfhonde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!