Vyf adjunkministers besoek Walvisbaai
Leandrea Louw – 'n Hoëvlakafvaardiging wat uit vyf adjunkministers bestaan, is tans in Walvisbaai op 'n ter plaatse besoek aan die Erongostreek en in veral Walvisbaai.
Die hawedorp is tans die episentrum van die Covid-19-pandemie in die land. Volgens mnr. Hafeni Ndemula, adjunkminister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping en woordvoerder van die ministeriële taakspan, is die doel van die besoek om “ons empatie, solidariteit en eenheid in optrede aan die mense van die streek te betoon.”
Ndemula sê die doel is om die situasie op grondvlak te evalueer om die regering te help om die verspreiding van die siekte en ontwrigting daarvan te bestuur en ook menselewens te alle tye te beskerm.
Tydens 'n nuuskonferensie by die nuutgevestigde noodsentrum op die dorp is die ministers ingelig oor 'n voorgestelde strategiese plan om die verspreiding van Covid-19 op Walvisbaai te bekamp. Volgens lt.kol. Aktofel Kwedhi, bedryfsbeampte by die sentrum, is die huidige plan in die dorp en streek nie suksesvol nie.
“Die infeksiekoers het die huidige aanvraag verbygesteek wat lei tot frustrasie in gemeenskappe omdat hul kommer nie voldoende deur die huidige bestuurspan aangespreek word nie,” het hy gesê.
Met verwysing na kwarantyngeriewe is daar net 400 beddens beskikbaar, terwyl kontakte wat dit benodig meer as 2 000 mense is.
“Die isolasiegeriewe tans beskikbaar, het minder as 600 beddens, terwyl die positiewe gevalle in die geriewe meer as 1 000 is. Tans is 60% van positiewe gevalle in die gemeenskappe. Gesondheidswerkers wat vir die pandemie ontplooi is en in veral Walvisbaai, is minder as 80,” het hy gesê.
Ook is hulpbronne beperk wat ter ondersteuning ontplooi is. Dit sluit ambulanse, ventilators, toetsstelle, laboratoriums en hospitale vir Covid-19-pasiënte in.
Deel van die voorgestelde reaksieplan sluit in dat gebiede in kleiner of bestuurbare blokke verdeel word om beter te bestuur. Die volgende stap is om die inwoners van die beperkte areas wat negatief is op 'n vrywillige basis te ontruim. Volgende is om inwoners in oorbevolkte gebiede na ander gebiede binne beperkte gebiede te ontruim om infeksies te verminder.
Volgens Kwedhi vereis die voorgestelde plan nog personeel, voertuie, 'n begroting vir vervoer vir ontruimings, asook intensiewe betrokkenheid van rolspelers en die gemeenskap. Dit sal egter geld spaar, die infeksiekoers verlaag, gemoedere laat bedaar en dienslewering verbeter.
Die span besoek onder meer die distrikshospitale op Walvisbaai en Swakopmund, isolasiegeriewe op Hentiesbaai, verskeie visfabrieke, Farm 37 en Twaloloka, asook begraafplase. Die afvaardiging bestaan uit adjunkministers Ndemula, mnr. Derek Klazen, dr. Esther Muinjangue, me. Faustina Caley en mnr. Daniel Kashikola.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie