Vyf dood in Kaap van storms
Vyf dood in Kaap van storms

Vyf dood in Kaap van storms

Francoise Steynberg
Reën, wind en sneeu . . . Die moeder van alle storms het die Wes-Kaap Dinsdagnag getref toe rukwinde van tussen 50 - 65 km/h begin woed en swaer reën begin val het. Vyf mense is dood en 200 strukture en 13 skole is beskadig, het die Wes-Kaapse regering bevestig. Bome is ontwortel, paaie is versper en huise se dakke is afgewaai. Wes-Kaapse rampbestuurspanne was vroeg reeds gereed om grootskaalse skade, vloede en verkeersknope te hanteer tydens en ná die storm wat die Skiereiland en die res van die provinsie getref het. Swaar reën van 50 mm binne 'n 24 uur-­tydperk is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel. Sneeu het gister op die Matroosberg en in Sutherland, die koudste plek in Suid-Afrika, geval, maar die meeste sneeu gaan vandag in die hoogliggende gebiede van die Wes- en Noord-Kaap val. Die sneeu kan tot skade lei en ook die sluiting van paaie tot gevolg hê. Dié foto van Snow Report SA wys die yskoue Sutherland gister in sneeu gehul.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!