Vyf dood in selfmoordbomaanval in moskee
Nigerië
Minstens vyf mense is Maandag dood toe 'n selfmoordbomaanvaller homself binne 'n moskee in die noordooste van Nigerië opgeblaas het.
Die leier van die Burgerlike Gesamentlike Taakmag (CJTF) in Ajiri Yala, ongeveer 15 kilometer noord van Maiduguri, sê die aanval het omstreeks 04:30 plaasgevind.
Boko Haram aanvaar gewoonlik nie aanspreeklikheid vir selfmoordbomaanvalle nie, maar het gedurende die agt jaar lange insurgensie gereeld van selfmoordaanvallers gebruik gemaak. Moskees wat nie die terreurgroep se ekstremistiese siening van Islam steun nie, word deur die organisasie as legitieme teikens beskou. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie