Vyf dood toe vliegtuig in see stort
Vyf buitelanders, waaronder die vlieënier, is Saterdag dood toe hul private vliegtuig in die see neerstort kort nadat dit van Roatáneiland in Honduras opgestyg het.
Roatán is ’n gewilde toerismebestemming aan die Atlantiese kus. Honduras is ’n land in sentraal Amerika, geleë tussen Guatemala en Nicaragua.
Strydende berigte is ontvang van die slagoffers se nasionaliteite. Jose Domingo Meza, woordvoerder van die land se gewapende magte, het gesê vier van die slagoffers was van die VSA terwyl die vyfde se nasionaliteit nog nie vasgestel kon word nie.
Plaaslike nooddienste het aanvanklik gesê die slagoffers was vier Kanadese en ’n persoon in wie se nasionaliteit onbekend is.
Die oorsaak van die ongeluk is ook nog nie bekend nie.
Die Piper PA-vliegtuig was onderweg na die hawestad Trujillo, sowat 80 km van Roatán af.
Roatán is uiters gewild onder toeriste van die VSA, Kanada en Europa, het owerhede gesê.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie