Vyf Duitse taalfoendi’s aangewys
Meer as 100 leerlinge van 26 skole het die naweek aan die Goethe Instituut se 29ste jaarlikse Duitse Taalkompetisie deelgeneem.
Die tema van vanjaar se kompetisie was “Leer Duits en vlieg Duitsland toe”.
Leerlinge, saam met hul Duitse taalonderwysers, het Saterdag reeds douvoordag by Windhoek Hoërskool (WHS) gereed gestaan om vir die kompetisie te registreer. Onderwysers kon deur die loop van die dag aan interaktiewe slypskole deelneem terwyl leerlinge vir hul mondelinge eksamens voorberei het.
Amy Dollenberg van Sekondêre Skool Delta, Celine Haiketti van Sekondêre Skool Etosha, Gabriel Hamawa van Deutsche Höhere Privatschule (DHPS), René Tjazerua van Hoërskool Rockey Crest en Bertha Tobias van Sekondêre Skool Delta is as die vyf toppresteerders van die dag aangewys.
Hulle sal volgende jaar gedurende Mei en Augustus na Duitsland vertrek om vir vier weke by gesinne in Duitsland te woon met die hoop dat hul Duitse taalvaardigheid sal verbeter.
Verskeie Duitse taalonderwysers het teen die einde van die dag se verrigtinge dié inisiatief geprys en gesê dit help leerlinge om met meer selfvertroue Duits te lees en praat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie