Vyf gemsbokke die naweek gestroop
Diere naby Tsumeb, asook die verre Suide geslag
Tanja Bause – Die Namibiese polisie het ná ’n jaagtog van ongeveer 70 km op ’n grondpad drie mans in hegtenis geneem en op vier gemsbokkarkasse, ’n bakkie, twee jaggewere, messe en ’n byl beslag gelê.
’n Boer wat langs die D707 in die suide van Namibië boer het Vrydagnag die ligte van ’n voertuig gesien. Hy het onraad vermoed en langs die pad wegkruip en gewag.
Die voertuig het na sowat ’n driekwartuur weer by hom verbygery en hy het hulle agternagesit.
Die boer het hulle vir sowat 70 kilometer agtervolg, maar hy het hulle in die stofwolke verloor. Hy het op die plaas Helmeringhausen van mnr. Bjorn Basler om hulp gaan aanklop.
“Net voor my plaas is daar tans ’n polisiepadblokkade en ek het die polisie om hulp genader. Hulle het saam met ander boere van die omgewing die soektog na die voertuig opgeneem,” het hy gesê.
Die voertuig, karkasse ter waarde van N$16 000, gewere en messe is verlate op die hervestigingsplaas Regina gevind en op beslag gelê.
“Die verdagtes het te voet op die vlug geslaan en drie mans is deur die polisie op die plaas Regina in hegtenis geneem.”
TSUMEB
Mnr. Dries Swartz van die plaas Rosa wat 32 km buite Tsumeb en langs die hervestigingsplaas Excelsior geleë is, is moedeloos oor stropery.
“In Februarie het ses bokke en een kalf van my plaas verdwyn. Daarná is op twee verskillende geleenthede twee beeste geslag. Daar is ook 27 bokke van die plaas af weggejaag, maar ons was te vinnig vir die stropers en het hulle teruggekry. Al die plase hier in die omgewing loop onder stropery deur. Daar is selfs 12 bokke van ’n medeboer op Excelsior gesteel,” het hy gesê.
Volgens hom is van die mans bekende stropers en is hulle al in hegtenis geneem, maar word elke keer op borgtog vrygelaat.
“Dit eis sy tol om die hele dag plaaswerk te doen en om dan in die nag in die bos te sit en my diere op te pas. Om te wag en stropers voor te lê sodat hulle nie my diere steel nie. Ek kan nie meer nie.”
Volgens hom is daar verlede Donderdag ook weer op die jagplaas La Rochelle onwettig geskiet en gejag.
“Die plaas naby my loop erg deur, daar word gedurig geskiet of diere met draadstrikke gevang. La Rochelle grens aan drie hervestigingsplase.”
NAWEEKSTROPERY
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is ses mans van onderskeidelik 18, 19, 19, 21 , 22 en 26 jaar oud Maandag op die hervestigingsplaas Kameeldoring in die Karasburg-omgewing in hegtenis geneem. Hulle het glo vyf skape van ‘n ander plaas gesteel. Die skape, ter waarde van N$10 000, is deur die polisie teruggevind.
Nog vyf mans van onderskeidelik 29, 30, 32, 33 en 34 jaar oud is Vrydag op die plaas Garib in die Dordabis-omgewing in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n gemsbok met honde en assegaaie gejag het. Die gemsbok se waarde is N$4 000 en die polisie het op die vel beslag gelê.
Twee mans van onderskeidelik 32- en 34-jarige ouderdom is Sondag in die Okapika-nedersetting in die Omusatistreek in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van twee beeste was. Hulle kon nie bewyse lewer dat dit hulle beeste is nie en die polisie vermoed die beeste is gesteel. Hulle is in die land ingebring sonder die wettige permitte. Beide die verdagtes is na die staatshospitaal op Outapi vir Covid-19-toetse geneem. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie