Vyf gemsbokke in Namib-Naukluft gestroop
Vyf gemsbokke in Namib-Naukluft gestroop

Vyf gemsbokke in Namib-Naukluft gestroop

Francoise Steynberg
Vier Namibiese mans het Maandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn nadat hulle die naweek glo vyf gemsbokke onwettig in die Namib-Naufkluftpark gejag het.

Mnre. Fanuel Khuisab (29), Richie Herero (56), Diedrick Dausab (29) en Jason Mwatota (19) is Sondag omstreeks 11:40 in dié nasionale park in hegtenis geneem.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het hulle vyf gemsbokke ter waarde van N$20 000 met spiese en honde in die park gejag.

"Daar was vyf gemsbokkoppe, maar slegs drie karkasse is gevind," het Iikuyu aan Republikein gesê.

Die viertal het elk op twee klagte van die oortreding van die natuurbewaringsordonnansie verskyn weens die onwettige jag op staatseiendom en sonder 'n permit.

Die beskuldigdes bly in aanhouding en hul saak is tot 20 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

Die polisieondersoek duur voort.

Onlangs op 13 Julie is drie Namibiese mans, mnr. Penrich Gonteb, Elvis Anamab en Gerson Derrick Mbahuma, ook vir die onwettige jag van sewe gemsbokke in die Namib-Naukluftpark in hegtenis geneem. Beslag is op twee voertuie gelê.

Foto ter illustrasie Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!