Vyf groot en interessante stories in Desember
Sweeftuigongeluk eis twee
’n Sweeftuigongeluk het op die plaas Neu Simmern naby Blumfelde in die Hardapstreek plaasgevind. Die twee slagoffers is gesoute Nieu-Seelandse sweeftuigvlieëniers wat Namibië vir die eerste keer besoek het om sweeftuie hier te vlieg. Mnre. Morris William (Bill) Walker (66) van Queestown het sowat 6 000 vliegure agter sy naam en David Speight (72) van Arrowtown, sowat 5 000 vliegure. Hulle het omstreeks 12:30 van die plaas Kiripotib, sowat 50 km van die ongelukstoneel, met ’n ASH 25 EB 28-sweeftuig vertrek. Omstreeks 17:30 is die slegte nuus ontvang dat die sweeftuig op ’n plaas naby Blumfelde neergestort het.
President spoeg vuur oor grond
Die amptelike bekendstelling van Namibië se geskiedkundige Nasionale Aksieplan vir Menseregte 2015–2019 is oorskadu deur president Hifikepunye Pohamba se woede-uitbarsting teen koloniale grondbesitters en diegene wat oor grondbelasting kla. Pohamba het van sy amptelike toespraak afgewyk en die aanval begin deur uit te vaar teen die “Duitsers” en die “apartheid-regime” asook die Ruiterstandbeeld wat vroeër voor die Alte Feste-museum gestaan het. Hy het ook uitgevaar teen dié wat grond van swart mense gekonfiskeer het, maar nie daarvan afstand wil doen nie.
Passiemoord in hospitaal
’n Jong man het na bewering sy gewese meisie tydens ’n stryery met ’n mes aangeval en haar die volgende dag in haar hospitaalbed waar sy vir dié steekwond behandel is, doodgesteek. Sy was by die huis saam met haar huidige kêrel, toe haar gewese kêrel opdaag en met haar begin stry het, wat tot die messtekery gelei het. Die polisie het haar kort daarna gaan haal en haar hospitaal toe geneem waar sy opgeneem is. Die verdagte het glo die volgende dag om 15:20 gedurende besoektyd by die hospitaal opgedaag waar hy haar ’n tweede keer met ’n mes aangeval en vier keer gesteek het.
Stadig maar seker al beter
Byna 70% van kandidate wat vanjaar die graad 12 NSSC hoërvlak-eksamens geskryf het, sal ná skool kan gaan studeer. Vanjaar se graderings toon ook ’n konstante, hoewel geringe jaarlikse verbetering teenoor dié van verlede jaar en sover terug as 2009. Volgens die minister van onderwys, dr. David Namwandi, toon vanjaar se NSSC hoërvlak-uitslae ’n verbetering in al die grade (1 tot 4). St. Boniface College kraai vanjaar weer koning, met vier van die toptienkandidate van die nasionale graad 10-eksamen wat van dié skool net buite Rundu kom. Vanjaar het 35 592 voltydse graad 10-leerlinge vir die eksamen ingeskryf. Uit die getal het 19 264 aan die minimumvereiste van 23 punte en ’n F-simbool vir Engels voldoen om na graad 11 te vorder.
Die getal leerlinge wat vir graad 11 kwalifiseer, kan dalk na ongeveer 22 164 verhoog, omdat kandidate hul punte as deeltydse kandidate verhoog het. Namwandi het gesê die getal leerlinge wat vir graad 11 sedert 1993 tot op hede kwalifiseer, het van 37% na 54,1% verhoog.
Swakop kalm na grondgryp
Reg en orde is in die DRC-woonbuurt van Swakopmund herstel ná nog ’n poging om munisipale grond onwettig onder die vaandel van “regstellende herposisionering” te beset. Teenstrydighede oor die afgelope gebeurde op Swakopmund het tot grootskaalse verwarring gelei nadat berigte selfs in die buiteland versprei is dat ontstoke jeugdiges groot dele van Swakopmund beset het. Volgens die skakelbeampte van die Swakopmundse munisipaliteit, me. Aili Gebhardt, is lede van die polisie en die weermag op die persele ontplooi om die onwettige besetting te voorkom.
Ook in die nuus
? Mej. Namibië 2014, Brumhilda Ochs, het onder die toptwintig deelnemers in die kategorie vir modelle by die Mej. Wêreld-kompetisie geëindig.
? ’n Boer het geskiedenis in die hoërhof gemaak toe hy op die ouderdom van 92 na ’n huwelik van meer as drie dekades van sy vrou geskei het.
? Gross Barman met sy ryke geskiedenis het sy deure na sy gewilde warmwaterbronne geopen nadat die vakansieoord teen sowat N$220 miljoen voltooi is.
? Die minimumloon vir voltydse huiswerkers sal voortaan N$1 218 per maand of N$281,09 per week wees. ’n Huiswerker moet minstens N$56,21 per dag of N$7,02 per uur betaal word.
? Die minister van buitelandse sake, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het aangekondig dat Namibië US$1 miljoen gaan bydra tot die fonds wat gestig is om Ebola te bestry.
? Namibië se eerste ambassadeur in Finland, mnr. Bonny Haufiku, het sy geloofsbriewe aan die president van Finland oorhandig.
? Die vakansieseisoen het op Langstrand met ’n vlaag van vandalisme afgeskop toe openbare toilette by die kampeerterrein deur ’n groep jong seuns verwoes is. Altesaam drie toilette van die munisipale kampgebied is eers met vuurwerke getakel en dit wat nog staande gebly het, is tot op die grond afgebreek.
? Die sekretaris van die kabinet, mnr. Frans Kapofi, het die staatsdiens vaarwel toegeroep. Hy het die pos as kabinetsekretaris vir 16 jaar beklee.
? Namibië se eerste statistikus-generaal, dr. John Steytler, het by die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) bedank.
? Hordes kliënte se Kersinkopies is ontwrig toe sommige winkels van Shoprite en Checkers vir ’n paar ure gesluit was nadat werkers oor swak werksomstandighede en lae salarisse begin staak het.
? Altesaam 5 506 staatsamptenare het in die 2013-2014-boekjaar uit die diens getree. Van hulle was 3 644 in die ministerie van onderwys se diens
? Hongkong het ’n verbod op die invoer van oesters uit Walvisbaai geplaas nadat gevalle van kadmium-besoedeling aangemeld is.
Elders in die wêreld
Suid-Afrika
Mej. Suid-Afrika, Rolene Strauss, is as Mej. Wêreld 2014 gekroon. Sy is tydens ’n glansgeleentheid in die Excel Londen ICC-ouditorium gekroon. Strauss is die derde Mej. Suid-Afrika om die gesogte titel in te palm ná Penny Coelen in 1958 en Annelien Kriel in 1974 die kroon gedra het.
VSA
Derduisende betogers het die strate van New York asook dié van ander stede ingevaar om te protesteer teen polisie-aanvalle op jong swart verdagtes. Dit kom nadat ’n groot jurie besluit het om mnr. Daniel Panteleo, ’n wit polisieman, nie te vervolg weens die dood in Julie van mnr. Eric Garner (43), ’n pa van ses nie.
Egipte
’n Egiptiese regter het 188 ondersteuners van die Moslem Broederskap ter dood veroordeel vir ’n aanval op ’n polisiekantoor in Kaïro verlede jaar waarin 13 polisiebeamptes dood is.
Maleisië
’n Airbus 320-200 van AirAsia op vlug QZ8501 met 162 mense aan boord, het in die vroeë oggendure van Sondag 28 Desember tydens ’n vlug van Surabaya in Indonesië na Singapoer in slegte weersomstandighede vermis geraak. Die eerste wrakstukke wat vermoedelik van die vliegtuig afkomstig is, asook oorskot van passasiers is reeds gevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie