Vyf groot migrasies glo uit Afrika
Die jongste genetiese navorsing toon mense het in vyf groot golwe uit Afrika gemigreer sowat 130 000 jaar gelede, gedryf deur onder meer reusagtige klimaatveranderings.
Dié twee studies is pas in die vakjoernaalNature gepubliseer. Dit is ook bevind die bevolking wat aanleiding gegee het tot álle mense wat vandag leef, het minstens 200 000 gelede evolusionêr afgeskei (van ander spesies).
Meer as 270 bevolkingsgroepe se genetika en merkers van herkoms is in die studies ontleed.
Volgens die internasionale navorsingspan, onder leiding van die Universiteit van Kopenhagen se Sentrum vir Geo-genetika, het die eerste moderne mense uit Afrika tussen 130 000 en 120 000 jaar gelede na Suidoos-Asië en Australasië gemigreer, waarskynlik al langs die kus van die Arabiese skiereiland en die Levant (die oostelike deel van die Middellandse See met sy eilande en aanliggende lande).
Daarna was nog vier migrasies: 106 000 tot 94 000 jaar gelede, 89 000 tot 73 000 jaar, 59 000 tot 47 000 en 45 000 tot 29 000 jaar gelede. Al vier migrasies het gepaardgegaan met klimaatverandering en veranderings in die see.
Die data gee ook die eerste verteenwoordigende en omvattende studie oor inheemse Australiërs en wys hulle is nader aan mekaar verwant as aan enige ander groepe in dié gebied. Volgens die navorsing was hulle duisende jare lank geneties geïsoleer.
Só werk dit: Daar is twee genetiese komponente (mitochondriese DNS en die Y-chromosoom) wat redelik stabiel bly in dié proses en net nou en dan kom mutasies daarop voor (soos ’n spelfout in die genetiese kode) wat merkers genoem word. Dít word merkers van herkoms genoem.
Deur die merkers terug na te spoor in dié gebied wat nie geskommel is nie, kan genetici letterlik die mees onlangse gemeenskaplike voorsaat van die mensdom eien en waarheen hulle migreer het. Die merkers dien dus as evolusionêre bakens langs die pad, al die pad tot in Afrika. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie