Vyf in hegtenis geneem
Oorledene as sagte, stil man beskryf
Tanja Bause
Die Namibiese polisie het vyf verdagtes in verband met die aanranding en dood van 'n 43-jarige Zimbabwiese burger in Otjiwarongo in hegtenis geneem.
Vier van die mans is aan 'n veiligheidsmaatskappy verbonde en een is 'n winkelwerknemer.
“Twee van die mans het op die vlug geslaan en is Saterdag omstreeks 15:45 by Rooidag anderkant Tsumkwe in die Otjozondjupastreek in hegtenis geneem,” het die nasionale woordvoerder van die polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.
Op 'n vraag of die twee mans hulself oorgegee het, het Shikwambi gesê die mans is in aanhouding en dit is al wat saak maak.
"As hulle hulself aan die polisie wou oorhandig, hoekom het hulle weggehardloop en nie hulself op Otjiwarongo aan die polisie gaan oorgegee nie?” het sy gesê. Sy het bygevoeg boere van Rooidag was baie behulpsaam.
Die voorval het Woensdag ontstaan toe die man, ene Casper, glo by die Savemore Etemba Plaza Supermarket van diefstal beskuldig is. Hy is daarna glo deur die eienaar en werkers van die 09 Security maatskappy, asook die winkelwerknemer aangerand.
Die man het vanaf die Plaza sowat 200 meter na die hoofpad geloop en uiteindelik voor 'n haarsalon inmekaar gesak.
'n Vrou wat by dié haarsalon werk, vertel sy het kort voor 17:00 op die sypaadjie gestaan en het hom sien aankom.
“Hy het van pilaar na pilaar gestrompel en homself teen hulle regop gehou. 'n Voertuig het op die sypaadjie gestaan en hy het aan die agterkant van die voertuig vasgehou. Ek het aan my kollega gesê hier is 'n baie dronk man in die straat. Hy het voor die salon geval. Hy het 'n plastieksak by hom gehad wat hy onder sy kop gedruk het en hy het daar bly lê,” het sy vertel.
Sy is binne toe om haar selfoon te gaan haal om 'n video van die man te maak.
“Toe ek weer buite gekom het, het ek gesien hy het opgestaan en op die geel streep in die pad weer inmekaargesak. Hy het in die pad gelê en ek en my kollega wou hom uit die pad sleep, want ons was bang dat voertuie of vragmotors oor hom sou ry.”
Terwyl hulle na die man gestap het, het 'n bestuurder sy bakkie só stilgehou dat die pad versper was.
“Die man het gesê ons moet hom nie beweeg nie omdat ons nie weet wat sy besering is nie en hy het onmiddellik die polisie en ambulans gebel, wat die man hospitaal toe gevat het.”
'n Kollega en vriend van die man wat in sy gemeenskap net as Casper bekend was, vertel toe hy in 2010 in Otjiwarongo aangekom het, het hy hom reeds daar gekry.
“Hy het byvoorbeeld vlakvarktande gekoop en daarvan botteloopmakers en armbande gemaak wat hy op straat verkoop het om geld te maak. Hy was 'n kunstenaar. Hy het geld Zimbabwe toe na sy familie en siek pa gestuur.”
Volgens hom was Casper 'n baie stil man wat eerder sou wegloop as jonger manne met hom skoor soek en sê hy is te oud om te baklei.
STERF IN HOSPITAAL
Casper het glo vroeg vanjaar vir sy suster in Suid-Afrika gaan kuier en het in Februarie na Otjiwarongo teruggekeer.
“Die inperkingstydperk was baie moeilik, want ons kon nie geld verdien nie. Ons het almal baie swaar gekry, maar hy het steeds sy bes gedoen om veral vir sy siek pa geld huis toe te stuur.”
Hy en Casper was soos gewoonlik saam en het hul goed by die diensstasie in die hoofstraat verkoop. Volgens hom het Casper omstreeks 17:00 afskeid geneem en weggeloop.
“My broer het vir my goed uit Windhoek gebring en met die voertuig in die hoofstraat gestop. Ek het na hom toe gegaan om my goed te kry toe die ambulans verbyry. Hulle het 'n ent verder in die hoofstraat gestop en ek het soontoe geloop en vir Casper in die straat sien lê.
“Ek is baie dankbaar vir die wit man wat met sy bakkie gekeer het dat voertuie dalk oor Casper ry en wat die polisie gebel het. Ek het gedink Casper is deur 'n voertuig omgery en as die man nie daar geparkeer het nie, het 'n voertuig dalk oor hom gery en dan sou ons nooit geweet het wat regtig met hom gebeur het nie.”
Die kollega het saam met hom na die hospitaal gegaan, waar Casper oorlede is.
“Ons Zimbabwiërs is baie vergewensgesind en as die mans wat betrokke was net gebly en om vergifnis gevra het, sou alles beter gewees het, maar om weg te hardloop, maak seer. Hulle het 'n fout begaan en behoort om vergifnis te vra.”
Volgens Shikwambi sal die verdagtes vandag in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie