Vyf jare vol nuwe kanse
Vyf jare vol nuwe kanse

Vyf jare vol nuwe kanse

Dani Booysen
In sy tweede termyn sal Namibiërs met veel meer kritieke oë en ore na pres. Hage Geingob kyk en luister as in 2015.

Verlede jaar se verkiesingsuitslae is bewys hiervan.

Ons stem saam met Geingob dat 2019 ‘n strawwe jaar was. ‘n Mens wil egter verskil dat suksesse en positiewe oomblikke meer, of minstens ewe veel as die talle voortgesette probleme en skokke was.

Jan en San Alleman wil gou sien of daar regtig lesse geleer is. Die eerste toetse is die hantering van die viskwotabedeling en die uitkringende Fishrot-skandaal, asook hoe korrupsie in ander sektore en voortgesette vrot dienslewering getakel gaan word. Die belofte dat almal hul werk in die visbedryf sal terugkry, is baie dik vir ‘n daalder en selfs onverantwoordelik.

Die verkleining van die kabinet gaan moeilik wees en nie vanself krisisse oplos nie. Minstens strook die onderneming met Geingob se versekering dat die regering die nasie se stem hoor.

Gegewe probleme met vernaam die jare van rekenskap (2018) en verantwoording (2019) is dit dalk gerade dat Geingob nie ‘n strydkreet vir 2019 aangekondig het nie. Hy kan dit natuurlik steeds doen, of die benadering wysig.

Om onvoorsiene omstandighede in die ekonomie en klimaat goed te bestuur, is baie beter en langer beplanning nodig.

Ook sal Geingob op dieselfde diensvaardigheid, volwassenheid, verantwoordelikheid en breë respek wat hy van inwoners versoek by elke leier moet kan staatmaak.

Fatalisme en pessimisme kan Namibië nie vooruit help nie. Kom ons behou dus versigtige, realistiese en deelnemende optimisme.

So sê ander

5 Januarie 2020

US-Iran diplomacy needed – and fast

The US assassination of Iranian Major General Qasem Soleimani has the potential to draw the United States and Iran into major conflict.

The killing has given rise to a most volatile period in the Middle East, a development which behoves world leaders, specifically allies on both sides, to de-escalate the tension which is rapidly building.

It is inevitable there will be retaliatory measures from Iran. The hope is that those measures can be absorbed and contained without further miscalculation of the kind which has been on display on both sides for almost two years.

Undoubtedly, Soleimani has played a dark, indeed sinister, role throughout the Middle East for at least 20 years. But the US would never have felt compelled to act against him if not for the reckless policy the administration has pursued since Trump came to power.

The question now is whether the US administration has thought through the consequences of its actions and has the capacity to absorb retaliatory measures without further escalating the situation, potentially towards open warfare. At a minimum, the continued US presence in Iraq, where the assassination occurred, is more open to question than ever.

These are dangerous times in the Middle East. The requirement for diplomacy and statecraft has seldom been more urgent.

? Sunday Independent (IRELAND)

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!