Vyf moorde die naweek aangemeld
Vyf moorde is sedert Vrydag landwyd by die Namibiese polisie aangemeld, asook een voorval van poging tot moord, twee verkragtings en twee gevalle van kindermishandeling.
Die vermoordes is ’n 30-jarge vrou, twee 30-jarige mans, ’n 50-jarige vrou wat na bewering ook glo verkrag is voordat sy verwurg is asook ’n 35-jarige man, sê die polisie in die naweek se misdaadverslag.
’n Tienjarige meisie is deur ’n 28-jarige man verkrag.
Die moorde en verkragtings het op Oshikango, Okakarara, in Katutura en Wanaheda, op Gobabis asook op Ondangwa plaasgevind.
Verder het 'n 24-jarige man sy 43-jarige broer op Omuthiya met ’n panga aangerand. Die man is in ’n kritieke toestand in die staatshospitaal op Oshakati.
Die kinders wat deur hulle 26-jarige tannie mishandel is, is vyf en ses jaar oud. Die voorval het reeds verlede naweek by Onankali gebeur. Sy het hulle geslaan en ook hulle hande in die vuur gedruk, wat ernstige brandwonde veroorsaak het. Sy het die kinders in die huis toegesluit totdat iemand vroeër vandag (Sondag) die polisie in kennis. Die kinders is na die hospitaal geneem en sy is in hegtenis geneem.
Op een geval na is al die verdagtes aangekeer en sal binnekort in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie