Vyf Namibiese rugbyspelers in kwarantyn
’n Tweede groep Namibiërs wat uit die buiteland teruggekeer het huis toe, het gister met hul 14 dae in gesamentlik isolasie onder toesig begin.
Hoofredaksie - Vyf lede van die Namibiese rugbyspan by verlede jaar se Wêreldbekertoernooi is onder die groep landsburger wat gisteroggend op ’n vlug van KLM uit Europa en die Verenigde Koninkryk na Namibië teruggekeer en nou onder toesig in kwarantyn is.
Hulle is die senter Darryl de la Harpe, flank Prince !Gaoseb, stut André Rademeyer, losskakel Cliven Loubser en Lesley Klim, vleuel en senter.
Al vyf het die afgelope weke by klubs in Engeland en Wallis gespeel, maar moes terugkeer huis toe nadat die ligas waarin hulle gespeel het, opgeskort is.
Die groep van nagenoeg 40 mense het direk van die vliegtuig af in ’n bus geklim, waarna hulle na Namibia Wildlife Resorts (NWR) se oord by die Hardapdam geneem is.
Hulle sal 14 dae in kwarantyn deurbring en vir simptome van Covid-19 gemonitor word.
“Met geen toeriste wat die land meer inkom nie en ’n groter behoefte aan skoon en goed toegeruste isolasiegeriewe vir Namibiërs, het ons dit nodig geag om een van ons akkommodasiegeriewe aan die regering beskikbaar te stel,” het dr. Matthias Ngwangwama, NWR se waarnemende besturende direkteur, gister gesê.
“Met die Hardap-oord wat naby die Mariental-staatshospitaal is, vanwaar mediese dienste maklik voorsien kan word, glo ons die 54 kamers met 220 beddens kan die nodige isolasie-omgewing verskaf,” sê hy.
Mnr. Mufaro Nesongano, NWR se woordvoerder, sê die Hardap-oord sal af afloop van die kwarantyn-tydperk ontsmet word en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se goedkeuring verkry word voor dit vir die publiek heropen.”
Een van die lede van die groep het gistermiddag aan Republikein gesê die geriewe is skoon, netjies en “ideaal vir veilige isolering”.
’n Ouer van Windhoek het egter sy kommer uitgespreek oor die feit dat familielede van die groep net vandag tyd het om voorrade en benodigdhede na hulle te neem, aangesien die Khomasstreek van môre af in ’n staat van inperking geplaas is en mens nie na ander streke mag reis nie.
Intussen is vyf van die groep van 35 mense wat sedert Saterdag by Greiters Konferensie- en Rehabilitasiesentrum net buite Windhoek hul 14 dae in isolasie deurbring, die afgelope 72 uur om mediese redes met ambulanse daar gehaal.
Twee van hulle, ’n jong man en sy meisie, is in die vroeë oggendure Dinsdag met maagaandoenings na die Robert Mugabe-kliniek geneem.
Drie ander mense, onder wie die 49-jarige adv. Irene Visser wat chemoterapie moet ondergaan, is Dinsdagaand na hul huise geneem om self-isolasie toe te pas. Visser se man het haar huis toe vergesel, terwyl ’n jong vrou wat na verneem word ook ’n onderdrukte immuniteit het, ook toegelaat is om tuis self-isolasie toe te pas. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie