Vyf Namibiu00ebrs vas in Suid-Afrika
Vyf Namibiu00ebrs vas in Suid-Afrika

Vyf Namibiërs vas in Suid-Afrika

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Vyf Namibiërs wat glo mense wat goedere op OLX geadverteer het, ontvoer en afgepers het, is verlede Donderdag in Vereeniging in Suid-Afrika deur die polisie vasgetrek en sal vandag in dié stad se landdroshof verskyn.

Kol. Lungelo Dlamini, Gautengse provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, vermoedelik deel van 'n sindikaat, sou afsprake met adverteerders maak om kamma hul goedere te koop.

“Tydens die ontmoeting word die adverteerders ontvoer en in 'n strik gelei. Vervalste diamante en/of ­vervalste dwelms word op die slagoffers geplant.

“Vervalste diamante, dwelms en geld is ook tydens die inhegtenisnemings gevind.

“Dan daag ander ­sindikaatlede op wat voorgee hulle is polisielede en konfronteer die slagoffers oor die 'diamante' of 'dwelms' in hul besit en eis 'n groot som geld, anders word die adverteerders in hegtenis geneem en aangehou,” sê Dlamini.

Slagoffers wat nié opgedok het nie, is glo aangerand en gyselaar gehou.

Volgens Dlamini was daar soveel klagtes hieroor dat die polisie se Gautengse spesifieke-misdaad-ondersoekeenheid en nasionale misdaad­intelligensie die verdagtes in 'n gesament­like operasie ondersoek het.

Vervalste diamante, dwelms en geld is ook tydens die inhegtenisnemings gevind.

“Die verdagtes sou Maandag in die landdroshof op Vanderbijlpark verskyn het, maar hulle is toe by nog 'n saak in Vereeniging betrek, daarom sal hulle vandag in dié stad se landdroshof op bykomende klagte verskyn,” het Dlamini Dinsdagaand aan ­Republikein gesê.

“'n Uitkenningsparade sal gehou word, want verskeie slagoffers is glo deur dieselfde bende beroof. Die verdagtes is almal in aanhouding.”

- Eie berig en Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!