Vyf planete in Mei te sien
Die Suidelike Halfrond groet vandeesmaand die Orion-sterrebeeld vir die winter, terwyl die Suiderkruis op die voorgrond tree.
Elvira Hattingh - Die Namibië Wetenskaplike Vereniging sê vandeesmaand sal vyf van die planete in ons sonnestelsel met die blote oog aanskou kan word, terwyl die oorgang van verskeie van Jupiter se mane ook gesien sal kan word.
Mercurius en Venus sal vandeesmaand vroegoggend duidelik in die naghemel te sien wees, maar die beste tyd om eersgenoemde planeet te bestudeer, is om en by in die middel van die maand, wanneer dit sowat twee ure voor die son opkom. Venus kom vandeesmaand ook sowat drie ure voor die son op en is die oggendster.
Mars sal moontlik slegs aan die begin van die maand tydens skemertyd gesien kan word, want die rooi planeet gaan onder voordat dit donker word. Saturnus styg egter vroegaand en kan die beste vanaf middernag bestudeer word.
Die reuseplaneet Jupiter vertoon duidelik in die naghemel en gaan vroegoggend onder – in Mei neem dit die rol van die Aandster in. Terselfdertyd sal die oorgang van verskeie van sy mane bestudeer kan word. Die eerste daarvan vind op 12 Mei omstreeks 03:58 plaas, gevolg deur ’n oorgang op 22 Mei om 18:50, op 28 Mei om 02:15, 29 Mei om 20:11 en weer op 29 Mei om 20:44.
Op 10 Mei sal dit volmaan wees en nuwemaan verskyn op 25 Mei.
Terselfdertyd groet die Orion-sterrebeeld die Suidelike Halfrond vir die winter en sal die Suiderkruis sy hoogste posisie bo die horison bereik. Leo lê hoog in die noorde en die Groot Beer (Ursa Major)- sterrebeeld sal net bo die horison verskyn.
Laasgenoemde sterrebeeld is belangrik in die Noordelike Halfrond, waar dit gebruik kan word om noord te vind, nes die Suiderkruis ons in die Suidelike Halfrond help om suid te vind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie