Vyf projekte baat by myngroep se trust
Die goudmyngroep Osino Resources het hulle Twin Hills Trust of Namibia van stapel gestuur en hul eerste vyf projekte finansieel begin ondersteun.
Osino Resources Corp. is ’n Kanadees genoteerde goudeksplorasie- en ontwikkelingsmaatskappy wat in Namibië aktief is. Deur die trust word plaaslike omgewings-, ekonomiese ontwikkeling- en maatskaplike projekte ondersteun.
Die trust het sy naam ontleen aan Osino se Twin Hills goudeksplorasieprojek, tussen Karibib en Omaruru in die Erongostreek.
Die trust is met N$2 miljoen van Osino begin en ondersteun tans die volgende vyf projekte:
• Die Development Workshop. Hulle help sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in informele nedersettings om meer doeltreffend te wees. Hulle word met N$550 000 ondersteun sodat hulle hul program na die informele nedersettings in Omaruru kan uitbrei.
• Die Development Workshop kry nog N$550 000 om hul bestaande grondprojek in Karibib te versnel. Die Development Workshop werk saam met plaaslike owerhede om gedienste grond teen kosprys aan lae inkomste mense te verskaf.
• Die Usab gemeenskap, ondersteun deur die Namibian Housing Action Group en die Shack Dwellers Federation van Namibia in vennootskap met die Karibib-dorpsraad werk daaraan om rioolpype in die Usab informele nedersetting op te gradeer sodat die gemeenskappe spoeltoilette kan bou.
Die trust het N$500 000 vir dié inisiatief gegee, wat 723 huishoudings en sowat 3 000 inwoners sal baat.
• Die Omba Arts Trust is ’n NGO wat sowat 400 ambagsmanne ondersteun, van wie 60% van die San gemeenskappe op hervestigingsplase en in bewaringsgebiede is. Omba kry N$132 000 sodat hulle op die internet en sosiale media ’n bemarkingsveldtog vir hul handewerk kan skep. Covid-19 en die ineenstorting van die toerismebedryf het tot ’n verlies van 85% van die mense se inkomste gelei.
• Omba kry ’n bykomende N$150 000 om kos vir 130 San handwerkers op vier hervestiging plase in die Omaheke- en Ohangwenastreek te voorsien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie