Vyf skole op Okahandja gesluit
Die direktoraat van onderwys in die Otjozondjupastreek het gerapporteer dat vyf skole in dié streek vandeesweek weens Covid-19 gesluit het.
Ester Kamati op Okahandja – Verskeie skole op Okahandja moes noodgedwonge vandeesweek hul deure tydelik sluit ná onderwysers en leerlinge positief vir Covid-19 getoets het.
Die skole wat dié besluit moes neem, is die Primêre Skool Vyfrand en Aurora, die Gekombineerde Skool KW von Marees, die Sekondêre Skool JG van der Wath en die Primêre Skool Okahandja.
By die Primêre Skool Vyfrand wat Maandag gesluit het, het vier onderwysers insluitende die skoolhoof positief vir Covid-19 getoets. Die ander onderwysers is as kontakte gelys en is tans in isolasie terwyl hulle op hul toetsuitslae wag.
Op Otjiwarongo is die Primêre Skool Vooruit ook aangeraai om weens ’n paar geïsoleerde Covid-gevalle vir ’n week te sluit en sal weer volgende week heropen.
Die direkteur van onderwys in die Otjozondupastreek, me. Josephine Mutenda, het gesê die direktoraat monitor die situasie hoewel Otjiwarongo en Grootfontein gemiddeld net een saak aangemeld het.
Mutenda het gesê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal onmiddellik ingelig word wanneer ’n geval vermoed word. Die leerling of onderwyser word dan getoets en geïsoleer totdat die resultate beskikbaar is. Leerlinge wat in die koshuis bly, isoleer in die koshuis en wanneer daar nie ’n koshuis is nie, word die ouers gevra om hul kind te kom haal.
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het op 8 Junie in ’n verklaring erken dat Covid-19-infeksies in skole aan die toeneem is. Sy het gesê hulle werk saam met die ministerie van gesondheid en die Namibiese Nasionale onderwysersunie (Nantu) om te verseker die onderwysers en leerlinge is veilig.
Volgens haar sal die sluiting van skole op ’n “geval-tot-geval-basis” hanteer word. Sy het die belangrikheid van skole beklemtoon en verseker dat onderrig en leer sal voortgaan onder streng nakoming van Covid-19-protokolle, insluitend die dra van maskers en die handhaaf van sosiale afstand tesame met gereelde handewas.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie