Vyf sluit by Warriors-kamp aan
Vyf sluit by Warriors-kamp aan

Vyf sluit by Warriors-kamp aan

Sokker
Die aanvallende spelers Wayne Esterhuisen (Young Brazilian) en Vincent Namiseb (Flamingoes) is bygevoeg toe afrigter Ricardo Mannetti vyf veranderinge aan sy oefengroep van Brave Warriors aangebring het wat vandag by die NSV se tegniese sentrum in Katutura byeen kom.

Mannetti en sy tegniese span sal vir Aprilmaand toesig oor die oefensessies van die genooide spelers hou, voordat die groep weer aangepas kan word ter voorbereiding op die ontmoeting met Guinee-Bisaau in Junie (kwalifisering vir die 2019 Afrika Nasiebeker). Die nasionale span vertrek daarna na Suid-Afrika vir die begin van die Cosafa-bekertoernooi op 25 Junie.

In Julie sal spelers uit die plaaslike klubs ook teen Zimbabwe in 'n kwalifiserende wedstryd vir die CHAN-kampioenskap opgeweeg word.

In die wedloop na die 2019 Afrika Nasiebekertoernooi is Namibië in groep K saam met Zambië, Mosambiek en Guinee-Bissau ingedeel.

Ná die eerste week van oefening is vier spelers weggelaat en vyf is bygevoeg. Dié wat weggelaat is, is United Stars se twee voorspelers Manuel Francisco en Joseph Munaperi, Da Costa Angula en Civics se middelveldspeler Donald Gaseb.

In hul plek is Muna Katupose en Immanuel Heita (Black Africa), Wayne Esterhuisen (Young Brazilian), Vincent Namiseb (Flamingoes) en Sakaria Jonas (Tigers) nader geroep.

Mannetti sê hoewel dit nog betreklik vroeg is, is hy opgewonde om reeds belofte te kan bespeur.

“Die vlak van fiksheid is nie so swak as wat ek gevrees het nie. Die ouens het wel op hul eie geoefen en sommige klubs was ook al byeen, al het die seisoen nog nie begin nie.”

Vir Mannetti se eerste oefengroep het almal hul opwagting gemaak, behalwe dat Da Costa Angula deur werkverpligtinge weerhou is.

“Afgesien daarvan het die eerste week goed afgeloop,” sê die afrigter.

Mannetti, onder wie se leiding die land in 2015 sy eerste Cosafa-titel gewen het, sê hy bly positief dat Namibië oor twee maande van nou af gereed sal wees om sy man te staan.

“Onthou, ons evalueer die spelers se vordering en hierdie is geensins die finale span nie. Ons het vyf spelers bygevoeg na wie ons wil kyk, saam met die ander. Teen volgende week sal ons weer die groep hersien.”



Die aangepaste groep van 25 spelers: Loydt Kazapua (African Stars), David Peterson (Tigers), Charles Uirab (Orlando Pirates), Edward Maova (Civics FC), Romario Ndjavera en Ferdinand Karongee (Tigers), Tiberius Lombard en Charles Hambira (both Tura Magic), Larry Horaeb (Black Africa), Riaan !Hanamub (Orlando Pirates), Edmund Kambanda (UNAM FC), Ronald Ketjijere en Katiti Hakuria (beide African Stars), Benyamin Nenkavu (Tigers), Johannes Shiwedha (Nampol), Oswaldo Xamseb (Tura Magic), Dynamo Fredericks (Black Africa), Pandeni Kandjabanga (Golden Bigs), Itamunua Keimuine (Tura Magic), Mapenzi Muwanei (Tigers), Muna Katupose en Immanuel Heita (Black Africa), Wayne Esterhuisen (Young Brazilian), Vincent Namiseb (Flamingoes) en Sakaria Jonas (Tigers). – NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!