Vyf van Grootfontein vas vir dwelms
Vyf individue van Grootfontein is verlede week in hegtenis geneem ná hulle met dwelms betrap is.
Ester Kamati op Otjiwarongo
Vyf mense wat vermoedelik familielede is, is verlede week tydens 'n polisieklopjag op Grootfontein in hegtenis geneem ná onwettige middels in hul besit gevind is.
Mnre. Samuel Muranda (42) en Fernando Muranda (26) en me. Evenline Zuze (27) is aangekla van die besit van 260 gram dwelms ter waarde van N$2 600. Volgens die Nampol-woordvoerder van die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is vervalste Yes-sigarette ter waarde van N$78 000, Poll-sigarette ter waarde van N$500, tabak ter waarde van N$6 000 en whisky ter waarde van N$45 000 ook in die drietal se besit gevind.
•n Kontantbedrag van N$28 000 is ook gevind, wat vermoedelik die opbrengs van hul transaksies was.
Die beskuldigdes het Donderdag in die landdroshof op Grootfontein voor landdros Munrai Shikongo verskyn. Hulle het om regshulp aansoek gedoen. Die drietal is in aanhouding en hul saak is tot 20 Oktober uitgestel.
DWELMBESIT EN -HANDEL
Twee ander mense is Dinsdagaand in Grootfontein se informele nedersetting Omulunga in hegtenis geneem nadat hulle met 28 890 gram dagga ter waarde van N$288 900 betrap is.
Hulle is beide van dwelmbesit sowel as dwelmhandel aangekla. Die twee, wat as me. Angelica Munaro (26) en mnr. Nanson Munaro (24) geïdentifiseer is, het Donderdag voor landdros Stanley Tembwe in die Grootfontein-landdroshof verskyn en hul saak is tot 1 November uitgestel. Hulle is in aanhouding en het om regshulp aansoek gedoen.
Mbeha het die doeltreffendheid van polisie-operasies geloof om sindikate soos dié oop te vlek.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie