Vyf vas
Ná ondersoek besluit aanklaer-generaal om te vervolg.
Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) het agt mense in hegtenis geneem.
Die aanklagte teen hulle wissel van die misbruik van die kantoor of amp vir eie gewin tot diefstal.
Uit die agt is twee voormalige beamptes van die Oshikoto-streeksraad en drie huidige beamptes van dié raad.
Hul inhegtenisneming hou verband met bedrog rakende die aansoeke om en toekennings van erwe in die Oshivelo-nedersetting in 2014.
Die vyf streeksraadbeamptes sluit in die voormalige senior administratiewe beampte: Oshivelo-nedersetting, me. Rosalia Nahambo Ndipwashimwe (15 klagte); die voormalige ontwikkelingsbeplanner vir die Oshikoto-streeksraad, mnr. Matatias Moses (twee klagte); die rekeninge-assistent vir die Guinas-kiesafdeling, me. Kornelia Amutenya (een klag); die administratiewe beampte: Guinas-kiesafdeling, me. Julia Ndahekelekwa Hauwanga (een klag) en die administratiewe beampte: Oshivelo-nedersetting, me. Elise Ndeshimana Hango (een klag).
Mnr. Moses is in Oshakati in hegtenis geneem en die res in Oshivelo.
Die verdagtes het op dieselfde dag reeds in die Oshakati-streekhof verskyn.
Borgtog van N$10 000 is aan elk toegestaan en is betaal.
Die verhoor is tot 3 April 2017 uitgestel.
Die inhegtenisnemings hou verband met 'n ondersoek wat sedert 2015 deur die ACC uitgevoer is, en die aanklaer-generaal se besluit op vervolging.
Die kommissie het intussen in 2012 'n ondersoek van stapel gestuur nadat finansiële verliese van tot N$247 648,34 by die kantoor van die Schlip-kiesafdeling ontdek is. Die inkomste was uit die betalings vir water en elektrisiteit.
Met voltooiing van die ondersoek is die saak na die kantoor van die aanklaer-generaal verwys.
Teenkorrupsiewet
Hy het besluit om mnr. Rainholt Cloete, 'n voormalige hoof- beheerbeampte, op aanklagte van diefstal in hegtenis te neem. Me. Lena Swartz, 'n skoonmaker, en mnr. Johannes Rooinasie, 'n nutsman, is vir die oortreding van artikel 43 (1) van die Teenkorrupsiewet vir die misbruik van 'n kantoor of amp vir eie gewin in hegtenis te neem.
Die verdagtes het op 7 Februarie in die landdroshof op Mariental verskyn en die verhoor is tot 7 Maart uitgestel.
Borgtog van N$3 000 is aan Cloete toegestaan, terwyl Swartz en Rooinasie op borgtog van N$600 elk vrygelaat is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie