Vyf vas oor bedrog met mediese ongeskiktheidstoelae
Die polisie in Kavango-Wes het vyf persone vasgetrek en wat werknemers van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste insluit, vir hul beweerde betrokkenheid by ongeruimdhede met mediese ongeskiktheidstoelae.
Die verdagtes, Gedrud Shivambo, 'n skoonmaker by die Nankudu-distrikshospitaal, Hilisi Siteketa en Boniface Haingura het in die tydelike hof op Kahenga verskyn nadat hulle na bewering omkoopgeld gevra het om mense wat geen gestremdhede het nie, vir mediese ongeskiktheidstoelae te registreer.
Kemba Kouyuni, 'n verpleër by die Kahenge-distrikshospitaal en sy medepligtige, is in dieselfde saak in hegtenis geneem, nadat hulle N$3 500 in omkoopgeld of lewende hawe ontvang het om vorms vir mediese ongeskiktheid in te vul.
Volgens die polisie se streeksbevelvoerder vir Kavango-Wes, komm. Josephat Abel, het Kouyuni na bewering sy posisie as staatsverpleër gebruik om dokters se handtekeninge op die aansoekvorms vir ongeskiktheidstoelae van die ministerie van geslag en kinderwelsyn te vervals. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie