Vyf vas oor renosterkarkas en horings
Drie Namibiese mans is verlede week in verband met renosterstropery en twee oor horingsmokkelary in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikste wildmisdaadverslag van 31 Augustus tot 6 September van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam tien vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem en ses nuwe sake aanhangig gemaak.
Mnre. Esra Kariripi, Jamunika Tukki Turitjo en Uatjitavi Lambard Turitjo is verlede Maandag by Okahao vasgetrek en beslag is op 'n renosterkarkas, 'n .303-jaggeweer en 23 patrone gelê.
Mnre. Jonas Indongo Valombola en Stein Iipinge Shikomba is Vrydag by Omungwelume glo met 'n renosterhoring in hul besit in hegtenis geneem.
By Okahao is mnr. Uatondasana Delina Tjaritje verlede Maandag glo met 142 ietermagôskubbe vasgetrek.
Mnre. Lukas Kandware en Diaas Mangundu is verlede Woensdag op Ndiyona glo met 'n koedoekarkas in hul besit in hegtenis geneem.
Verlede Donderdag is mnr. Vilho Shishitwomunhu na bewering met 'n steenbokkarkas in sy besit by Onandjamba in hegtenis geneem.
By Kamanjab is mnr. Isascar Gaingob verlede Maandag in hegtenis geneem en beslag is op nege stukke vleis van 'n sebra, 'n .308-jaggeweer en 'n .22-geweer gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie