Vyf vermeende beesslagters vasgetrek

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle 'n bul en twee koeie op 'n plaas in die Kalkfeld-omgewing geslag het.
Kristien Kruger
Kristien Kruger



Vyf mans het verlede Dinsdag skelm hul intrek op die plaas Erundu van mnr. André Pretorius geneem. Die plaas is tussen Otjiwarongo en Kalkfeld geleë.

Die mans was met pangas gewapen. Hulle het 'n Simmentaler-bul en twee koeie geslag. Pretorius en sy kleinseun mnr. André Rademeyer, wat saam met hom boer, het die bul enkele weke gelede by die bekende Grootfontein-teler mnr. Kaspar Günzel gekoop.

Selfoonrekords toon hulle het aan die taxidrywer wat hulle afgelaai het en weer Donderdagnag gaan oplaai het, gesê hulle sal dié nag 'n paar ritte moet onderneem om die vleis na Otjiwarongo te vervoer, aangesien hulle “baie beeste” gaan slag.

Mnr. Josef Fabiam, die plaasvoorman, het Donderdagoggend een van die drie slagplekke in die veld ontdek. Dit was nadat hulle verdagte spore opgemerk en ondersoek ingestel het. Fabiam sê hy het besef die onwettige bosslagters skuil steeds op die plaas.

Rademeyer sê hy het vermoed hulle sou die vleis Donderdagnag Otjiwarongo toe vervoer sodat dit voor die Nuwejaarsnaweek aan die plaaslike kapanamark gelewer kon word. Hy het in samewerking met mnr. Danie van der Westhuizen, eienaar van die teenstroping- en sekuriteitsgroep Kyani, en die polisie op Otjiwarongo 'n hinderlaag gestel en die vyf vermeende beesslagters en hul taxibestuurder omstreeks tweeuur Vrydag­oggend 'n ent buite Otjiwarongo op die C33 in hegtenis geneem.



HOFVERSKYNING UITGESTEL

Die ses mans moes gister in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn, maar die landdros het nie opgedaag nie en die saak is tot 16 Februarie uitgestel.

Die mans is glo in kennis gestel dat hulle 'n formele aansoek om borgtog by die landdroshof kan indien en bly daarom in aanhouding tot hul volgende verskyning.

Die vermeende beesslagters en die taxidrywer is Sindamo Efraim Petrus (34), Hadula Nghipundjwa (39), Petrus Shilimwafi (36), Penehafo Nghuukwefe (46), Naftali Paulus (26) en Petrus Haufiku (31).

Die kwotasie vir die koop van die bul, wat sowat N$48 000 beloop het, is intussen by die polisie ingedien.



AANLYN PETISIE TEEN ­VRYLATING OP BORG

Sowat 200 boere het op 13 Desember 'n vreedsame protesoptog by die Otjiwarongo-landdroshof gehou om borgtog van vier vermeende veediewe teen te staan. Die boere het 'n petisie aan dié hof se beheeraanklaer, mnr. Obert Masendeke, oorhandig.

In die petisie sê die boere hulle ly daagliks reuseverliese weens veediefstal en wildstropery. Net in die Kalkfeld-omgewing het boere sedert Januarie verlede jaar N$1,3 miljoen se beeste verloor.

'n Soortgelyke aanlyn petisie is die naweek onder mense in die landbougemeenskap versprei waarin opnuut versoek is dat die ses mans nie borgtog kry nie. Die petisie het gister op sowat 600 handtekeninge gestaan.

Volgens lt.genl. Sebastian Ndei­tunga, inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, is altesaam 3 160 veediefstalsake in die 2020-'21-boekjaar landswyd aanhangig gemaak. Dis nog nie bekend hoeveel sake gedurende 2021 ingedien is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.49/OZ UP +0.84% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 806.80/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.26/BBP DOWN -0.0185 | Platinum US$ 1 009.75/OZ UP +0.89% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.49/OZ UP +0.84% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 806.80/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.26/BBP DOWN -0.0185 | Platinum US$ 1 009.75/OZ UP +0.89%