Vyfjarige meisie verkrag
Tanja Bause - 'n Vyftienjarige Angolese burger het na bewering Saterdag 'n vyfjarige meisie in sy slaapkamer verkrag.
Die voorval het glo by die Iikokola-nedersetting in die Omusatistreek plaasgevind waar die seun 'n beeswagter is. Hy is glo deur die slagoffer se ma op heterdaad betrap.
Die sewejarige Thosi Fritz is Saterdag op die plaas Otjongoro in die Epukiro-distrik doodgery. Die bestuurder het glo agteruit gery toe hy die kind raakry.
Op dieselfde dag het 'n groep strydkinders van die Mix-kamp buite Windhoek na hul plot by Brakwater teruggekeer toe een op die A1-hoofweg raakgery is. Die 30-jarige mnr. Samuel Shaningua is met beserings in die hospitaal opgeneem.
Volgens die polisie se misdaadverslag is mnr. Johannes Gideon (25) Vrydag in die Hoha-nedersetting in die Kavango-Oosstreek doodgeskok. Gideon was in diens van Ekodi Investment en besig met herstelwerk aan 'n kraglyn toe hy geskok is en op die grond geval het.
Die bestuurder van 'n bakkie het beheer oor sy voertuig verloor toe hy teen 'n hoë spoed 'n spoedwal getref het. Mnr. Nuyoma Jonas (25) is op slag dood, terwyl twee passasiers in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie