Vyfling: Kans is een uit 42 miljoen
Een uit 42 miljoen. Dít is jou kans om ’n vyfling te hê en die kans dat hulle twee weke later gesond is, is nóg groter.
Só sê dr. Moeng Pitsoe, ginekoloog en verloskundige van die Clinix Health Group aan wie die Botshelong-hospitaal in Vosloorus behoort waar dié kinders byna twee weke gelede gebore is.
Pitsoe het Maandag vertel hy het al oproepe van oor die hele wêreld ontvang om die span van 14 geluk te wens wat die bevalling behartig het.
“Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe skaars ’n vyfling is wat gebore word en waarvan al vyf oorleef nie. Ons het die afgelope ses maande nog twee ma’s gehad wat ’n vyfling verwag het, maar dié swangerskappe was nie suksesvol nie.
“Jy sien so iets net een keer in jou loopbaan, of jy sien dit nooit,” sê hy.
Dit is maar die derde vyfling in Suid-Afrika sedert 1994.
Binne 20 minute het hy en sy span al vyf babas met ’n keisersnee in die lewe gebring. Hy sê dat die ouers, Ndlangisa en Joe Buthelezi, net so verras was soos hy.
Aanvanklik het hulle vroeg in die swangerskap gedink daar is vier babas, maar later het Pitsoe gedink een van die fetusse is dood.
“Ons het geweet daar was baie risiko’s en het gereed gemaak dat drie babas op 30 weke gebore sal word.”
Daar is net een seun Siyanda, wat by geboorte 1,64 kg geweeg het. Sy susters is Sibahle 1,4 kg, Simosihle 1,45 kg, Silindile 1,31 kg en Sindisiwe 1,2 kg.
VERRASSING
Gewoonlik verloor babas ná geboorte gewig. Die vyf moet eers elk meer as 2 kg weeg voordat hulle huis toe kan gaan, wat oor sowat vier weke sal wees.
“Ek was verras toe ek die vierde baba sien, maar nog meer toe nommer 5 aankom. Dit is regtig so spesiaal,” sê Pitsoe.
Ndlangisa (30) het nie in-vitro-bevrugting ondergaan nie. “Ek het haar net ’n middel gegee om te help met ovulasie. Dit was haar eie genetika wat gesorg het vir vyf kinders,” sê Pitsoe.
Dit gaan goed met al vyf babas en daar is geen kommer oor hul gesondheid nie.
Die babas het reeds skenkings van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang.
Nandi Mayathula-Khoza, provinsiale LUR vir gesondheid, het Sondag die vyfling en hul ouers besoek.
Sy het doeke en komberse saamgevat.
Solly Msimanga, DA-burgemeester van Tshwane, het Maandag vir hulle baddens en babagoed geneem.
“Sonder om te belowe om al julle probleme op te los, sluit die Gautengse regering aan by die lys van weldoeners wat toegewyd is om jul gesin te help,” het Mayathula-Khoza aan die ouerpaar gesê.
Mandy Mbatha, bemarkingsbestuurder van die hospitaal, sê hulle sal op die ouers se versoek skenkings hanteer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie